advertisement
Question
Posted by: es | 2005/01/12

lou warm water

Ek wil net weet,help lou warm water ook 'n bietjie om gewig te verloor,as jy dit so paar keer 'n dag drink ,dit wil nou se as jy koffie en tee sou gedrink het,dan drink jy liewers lou warm water.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Es
Ek vra verskoning dat ek vandag eers jou vraag beantwoord, maar ek moes 'n operasie ondergaan verlede Woensdag en alhoewel ek die beheerpersoneel van die Webwerf ingelig het, het hulle versuim om die vrae to blokkeer terwyl ek in die hospitaal was.
Water teen enige temperatuur sal nie eintlik baie bydra tot verklanking nie. Jy het slegs 3-4 koppies (ongeveer 1,5 L water per dag nodig, bo en behalwe die ander vloeistowwe wat jy drink) - oormatige water inname is ook nie goed nie. Wees matig!
Probeer tog liewer 'n 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en kombineer dit met een of ander soort oefening (probeer vir 30 - 40 minute te stap in die vars lug ).
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Louw | 2005/01/13

Ek het ook hiervan gehoor en dit 'n tyd lank probeer, maar jammer om jou teleur te stel - dit smaak goor en het werklik geen effek gehad nie. Nie die moeite werd om te probeer nie.

Reply to Louw

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement