advertisement
Question
Posted by: AP | 2007/02/23

Liptien inspuitings

Ek moet vinnig gewig verloor vir my troue en omdat ek op baie hormoonbehandelings was die laaste jaar of so, sukkel ek verskriklik om gewig te verloor. Maak nie saak hoe min of hoe baie ek eet nie ek hou net aan om gewig op te tel. Ek ken 'n hele paar mense wat op liptien inspuitings was en dit werk soos 'n bom. Ek weet net nie alles wat dit behels nie. Kan jy my asseblief verduidelik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste AP
Soos ek die saak verstaan, is dit op die oomblik die baie-lae-energie-dieet wat saam met die kamstige leptieninspuitings uitgedeel word, wat mense laat gewig verloor. Volgens navorsing het die meerderheid persone met leptienweerstand nie 'n tekort aan leptien nie, maar die leptien wat hulle produseer en ook enige leptien wat ingespuit word, kan nie deur die liggaam verbruik word nie. Ek sal dus nie hierdie inspuitings aanraai nie. As jy vinnig moet gewig verloor dan is dit miskien 'n idee om jou huisdokter te vra vir Xenical. Dit verhoed die opname van vette uit die dieet en word saam met 'n baie-lae-vet-dieet gebruik wat dan veroorsaak dat mens gewig verloor. Doen ook so veel aërobiese oefening as moontlik (swem, vinnig stap, fietsry, touspring, of Walk for Life, of aansluiting by 'n goeie gimnasium) vir 30 minute of meer per dag.
Geniet jou troue
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Spicegirl | 2014/06/22

Ek is jammer om van al die onsuksevolle verhale te hoor, maar ek wil net graag meld dat ek en my dogter sedert 8 April 2014 besig is met die SlenderWonder program en dit werk uitstekend. Ons het hope energie en het elkeen al ontsettend baie sentimeters, asook ongeveer 10 Kilogram elk verloor. Die dieet is maklik om te volg indien 'n mens 'n veeleisende beroep het en nie baie tyd voor die kospotte wil deurbring nie. Ons is nou beide op ons doelgewig. Die hoeveelheid kos is meer as genoeg en aangesien ek ook vir twee jaar op Weigh-Less was, kan ek bevestig dat SlenderWonder my beslis met die laaste 10 kilogram gehelp het wat ek nie kon afskud nie. Verskeie van my vriendinne volg die eetprogram elke jaar vir so 'n maand of twee net na die winter om van die winter vetjies ontslae te raak. Ek dink 'n groot bydrae is ook die positiewe motivering wat ons van die spreekkamer se Susters ontvang het as hulle ons gemeet en geweeg het. Sterkte aan almal!

Reply to Spicegirl
Posted by: Anonymous | 2013/09/27

Ek is 'n klomp geld uit die sak gejaag deur die sg wonder dieet met leptien inspuitings. Teen die pas waarop ek gewig verloor het gedurende 'n periode van 6 weke, het die konsultasiefooi + Leptien-inspuiting + 'Protein Shake' + ander aanbevole aanvullings uitgewerk op R1000 per kilogram!!!! En ek moet 40 kilogram verloor. Toe ek dit gister onder die dokter se aandag bring, was haar antwoord 'gaan dan aan met ons program sonder die Leptien.' Ek doen dit en verloor in elk geval teen dieselfde pas as wat mens van so 'n 'starvation diet' kan verwag.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/09/10

Ek het ook n maand gelede aangesluit by soortgelyke instansie wat die spuite uitdeel saam met n lae kj dieet.(teen n belaglik duur prys) om die waarheid te se het ek geen gewig verloor nie, inteendeel, meer opgetel. Al wat gebeur het was dat my borsmaat met twee bra grootes vergroot het waaroor ek verskriklik ongelukkig is. ek was tevrede met my 34B en nou is dit 38C. My dokter help my nou om dit te probeer regstel. So ek sal enigiemand afraai om jou geld en energie op hierdie manier te vermors!!

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement