advertisement
Question
Posted by: Loraine | 2010/01/30

Lip aandoening

Ek het al vir ' n geruime tyd dat my lippe voel of ek gedurig iets moet aansit dat hulle vogtig moet wees, maar dit los nioe werklik die probleem op nie. Soms het ek ook aan die buitekante van my lippe ' n duidelike rooi rant. Soms voel dit of my bolip veral so ' n droee kors op het. Ek kan geen lipstiffie gebruik nie, want dit voel vir my of dit als net erger maak. Ek is gistger na ' n velspesialis. Hy het vir my trepiline voorgeskryf. Hy se dit is ' n kondisies wat mens noem pynlike lippe, die mediese naam daarvoor wat hy gegee het is chylodynia. Ek kan dit nerens op die net kry nie. Kan u my dalk help. Het u al van so iets gehoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lorraine

Ongelukkig kan ek nie jou mond ondersoek nie en dit is daarom vir my moeilik om 'n opinie te lig. Ek dink jy het die verkeerde spelling, maar ek het egter al van pynlike lippe gehoor en weet dat Trepilene daarvoor voorgeskryf word. Miskien moet jy die dermatoloog kontak en die korrekte spelling kry.

Jy kan ook na die volgende webtuiste verwys: http://en.wikipedia.org/wiki/Cheilosis

Ek stel ook voor dat jy baie vloeistof inneem en jou lippe hidreer met Blistex DCT.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement