advertisement
Question
Posted by: Susan | 2004/10/25

Liefde

Wat is liefde werklik, dis 'n ding waarmee ek nog altyd gesukkel het ek is 23 en het laas 'n ou gedate in standerd 5 ek het nog nooit 'n ou gehad of iemand gesien wat ek kan sê ek was lief vir hom, ek ken net nice ouens, en hulle doen niks vir my nie. Ek het al gewonder of ek werklik lief is vir my ouers en familie. Ja, ek gee om vir hulle maar ek glo nie ek sal voor 'n bus inspring om hulle lewens te red nie. Ek voel vir hulle soos wat ek vir enige iemand anders sou voel(dalk net 'n bietjie erger). Ek is baie geheg aan hulle en wil nie hê hulle moet iets oorkom nie. Of miskien sal dit net my lewe deurmekaar maak aangesien ek by hulle gratis bly, gratis eet, gratis alles.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Susan | 2004/10/26

Dankie vir almal se insette, en moenie worry oor die engels nie ek kan dit goed lees net nie skryf sonder 'n woordeboek en dan is my tenses ook verkeerd.

Reply to Susan
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/26

Hi Susan,
Eerstens dankie vir jou woorde aan my postings.

Soos almal se liefde is die moeilikste ding om te verstaan. Om jou familie lief te he is ook moeilik spesiaal as hulle jou teleurgestel het. Die liefde vir iemand spesiaal beteken vir my as ek nie saam met die persoon is dan voel ek nie heel nie, my hart is seer en ek wil net met die persoon wees. Die persoon is die een wat jou die maklikste laat lag en huil, wat wanneer hy jou in sy arms vat voel jy veilig en gemaklik, jy wil vir ewig daar bly.

Love is a concept that human never real will understand, you have to believe in love to feel it and God is love, love is given unconditionally and not expected back in return. To love is to hurt, to love is bliss, to love is a mixture of feelings and emotions, some difficult, some not. It is special and comes to all who wait and accept it when it does happen.

Mag jy eendag liefde vind, moet net nie te hastig wees nie, ek het die fout gemaak om op 22 te trou, gelukkig het ek vinnig daaruit gekom, geniet jou lewe nou en wanneer jy die regte persoon ontmoet sal jy weet wat is liefde.

Kyk mooi na jouself en askies vir die Engelse stuk.
Lekker dag

Reply to Beyond Tired
Posted by: Shaun | 2004/10/26

Hi Susan,

Moenie so se of voel nie. Jy het nog nie vir my ontmoet!!!
Wat ek probeer om te se is dat jy nog jonk is meisie-kind, en jy sal seker een of ander keer self uitvind. Soms as jy nie daarvoor soek nie, soek dit vir jou uit!!!

Dis moeilik, maar wees bietjie geduldig en geniet net vir jou liewe nou. Jy wil nie later uitvind dat soveel uitgemis omdat jy wou net aan een ding soek. Daar is 'n wereld vol mans-mens, en 'n hele lewe vol pret...

Lekker Bly,
Ekke

PS: Verskoon asseblief die lelike afrikaans..

Reply to Shaun
Posted by: R | 2004/10/26

Gaan lees 1 Korinthiers 13 in die bybel oor die liefde en meet jouself daaraan. Jy sal verbaas wees oor wat die liefde is. Ongelukkig is daar ook altyd pyn en hartseer gekoppel aan liefde.

Reply to R
Posted by: Liza | 2004/10/26

Liefde is die moeilikste ding om te beskryf. Om die waarheid te se, ek sal ook nie vir een van my familie lede voor 'n bus inspring nie - dit beteken nie dat ek nie vir hulle 'lief' is nie. Omgee is 'n tipe liefde. Persoonlik dink ek dit is daai broer-suster tipe liefde. Die liefde van 'n ander 'vreemde' persoon is egter heeltemal anders. Was jy al 'verlief'? Enige fantasiee gehad oor enige een persoon? Dit is verlief en nie liefde nie. Dis nou nie te se dat dit nie in liefde kan ontaard nie. Hoeveel gee jy om vir 'n spesifieke persoon? Ek dink dis liewers die vraag om te vra. Ek het 'n baie spesiale vriend (ongelukkig is hy gay) vir wie ek baie moontlik voor 'n bus sal inspring. Ons is altyd daar vir mekaar - deur die slegte en goeie. Hy is my beste vriend.

Vir wie sal jy huil by hulle begrafnis? Vir daardie persoon is jy lief. Dis nou maar net my persoonlike opinie.

Reply to Liza

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement