advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2008/05/26

Lewe nie die moeite werd a.g.v. pyn

Help asseblief! My man het in 2000 bestraling vir plaveisel Karsinoom in die mondvloer gehad. A.g.v. 'n fout is het hy bestralingskade opgedoen. Dr's sê hy moet vrede maak met lewenslange pyn. Drie jaar gelede skryf 'n neroloog Neronton 300 voor. 7 Pille per dag + trepiline, 6 per dag. 2006 beland hy met nierversaking in die hospitaal. Dr. verminder Neorontin na 3 per dag, Trepiline 2 per dag. Die pyn word erger. Hy lewe regtig swaar. Hy is in die boubedryf en werk 6 dae per week. Het die laaste 8 jaar ± 25 kg opgetel. Ek het gehoor van Lyrica. Kan iemand asb. help. Is daar enige ander medikasie wat hierdie hel van pyn kan verlig. Alhoewel hy daaglik werk, praat hy net as hy moet. Volgens hom is sy lewe nie meer die moeilte werd nie. HELP HOM ASSEBLIEF

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jou man die Pyn Kliniek by jou naaste Privaat Hospitaal besoek. Hulle sal moontlik 'n senuwee blok kan doen wat die pyn totaal sal verlig/beheer. Hy kan ook Tegretol gebruik om die pyn te beheer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Xavier | 2008/09/22

Please forward me info on what treatments are available for Plaveisel Karsinoom. My mother was diagnosed with it

Reply to Xavier
Posted by: Keen | 2008/05/27

Moedeloos

Kan jy nie dalk plan maak om 'n professor by 'n akademiese hospitaal te gaan sien nie. Hulle is gewoonlik op hoogte met die nuutste behandeling en hulle weet ook wie die beste dokters is in die area. Ek is so jammer om te hoor van jou man. Daar is net een ding wat ek kan voorstel, maar jy sal jou dokter moet vra. Ek het aansienlike verligting van my senuweepyn gekry met vitamien b12 inspuitings. Ek weet dit klink simpel, maar 'n hoe dosis b kompleks met b12 inspuitings mag dalk net help. Vra jou dokter of hy bereid is om dit te doen vir jou. Net 'n voorstel.

Reply to Keen
Posted by: Moedeloos | 2008/05/27

Dr. Burger
Hy was al twee keer by die Pynkliniek in Bloemfontein, met geen resultate. Die Dr.'s daar sê die probleem is beide sirurgies en bestraling. Dit wil voorkom asof hulle self nie weet waarheen. Ons was al by vier ander dokters. Elkeen trek net hul skouers op. 'n Onkoloog in Bloemfontein het sy pyn gemeet en sy kan nie glo dat hy nog elke dag aangaan met sy normale lewe nie. Ons is werklik moedeloos. Selfs morfien help nie. Waar kry ons iemand wat werklik gaan belangstel, wat werklik gaan probeer. Die laaste hulp was die in Pretoria wat die Trepiline en Neorontin en dit het sy niere beskadig. Bg. medikasie help nie werklik nie, maar hy sê hy gee nie meer om nie. Ek kan nie meer nie, hoe moet hy teen die tyd voel. Ons lewe saam met iemand wat net asemhaal om vir sy gesin te sorg.

Reply to Moedeloos
Posted by: Keen | 2008/05/26

Moedeloos dis onanvaarbaar dat jou man so in pyn is. Bel die neuroloog en vra dat hy jou man verwys na 'n pynspesialis wat vir hom die nodige pynverligting kan gee. En as hy nie wil nie, dan doen jy dit self. Ek haat dit as dokter so non-chalant is met mense as hulle chroniese pyn het. Ek sit self in daai bootjie so ek weet waarvan jy praat. Ongelukkig moet jy jou eie vegter wees as dit in hierdie gevalle kom. Lyrica is baie nou verwant aan Neurontin, maar dis 'n opsie om te oorweeg. Dalk kan die neuroloog opoied pynmiddels probeer al is dit net om die pynsiklus te breek? Vra hom, dis hoekom hy betaal word.

Reply to Keen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement