advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2006/07/19

Lekkende hond

My hond se pote het tussen die kussings en tone begin swel en is rooi om die voorste kussings en tussen die kussings. Sy lek dit vreeslik en vanoggend kon sy nie nie op die een poot trap nie. Ek sit Curatex aan maar dit lyk nie of dit help nie. Partykeer bloei die kussings soos sy dit kou. Sy het 'n vel allergie en ek weet nie of dit deel is daarvan nie. Ek sal enige raat verwelkom.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ontsteking tussen die tone kan erge pyn veroorsaak. Dit is gewoonlik noding on sulke gevalle met antibiotikum te behandel. Party keer word die dier se pote weekliks met 'n antibiotukum bevattende seep ook gewas. Neem asb U hond na U veearts laat hulle hom ondersoek and die regter middels voorskryf.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: WR | 2006/07/19

Hi daar!

Mens kry 'n produk genaamd Avert by jou veearts. Dit kan ook help! Ek glo net nie die lekkery sal ophou as die onderliggende probleem nie behandel word nie. Op die ou end van die dag help dit nie om die simptome te behandel maar nie die simptoom-veroorsakende probleem nie.

Wat is die oorsaak van die allergie? Wat van 'n verwysing aanvra van jou Veearts na 'n diere-dermatoloog/ velkundige?

Sterkte!

Reply to WR
Posted by: nadia | 2006/07/19

Sy was/is by veearts, R3000.00 later en ek het haar kos 3 weke terug al verander.

Ek gaan die bitter aalwyn probeer, dankie

Reply to nadia
Posted by: Pote | 2006/07/19

Ekhet 'n worshond gehad wat haar voete so gelek het dat dit later begin bloei het. Die veearts het dit öbsessive compulsive behaviour genoem. Ek het my hond se pote later met verband begin toedraai, sodat dit net 'n kans kon kry om gesond te word. Ek het toe bitter alwyn aan sy voete begin smeer - dit smaak mos bitter, en na 'n paar weke het hy die gewoonte gestop.

Reply to Pote
Posted by: Acineth | 2006/07/19

Gaan veearts toe, die hond het medisyne nodig. Daarna moet jy haar kos verander.

Reply to Acineth

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement