advertisement
Question
Posted by: Net iemand | 2005/07/22

LEES ASSEBLIEF!!!!!

Help

Asseblief!!!! Ek het jou hulp nodig.

My vriendin, Daleen Smit, se seuntjie Juvan Smit, 10 jaar oud is baie ernstig in Bougainville Hospitaal in Pretoria. Hy het baie ernstige voorbidding nodig.

Hy was Dinsdag 19/07/05 by die naskool saam met sy maatjies, en die seuntjies het in die badkamers gaan speel. Volgens die kinders het hulle beurte gemaak, hulle het op die toilet geklim, en hulle self met hulle baadjies aan die diefwering vasgemaak om hulle nekkies, en gekyk wie eerste hulle self kan losmaak. Juvan kon nie los kom nie, die kinders het geskrik en weggehardloop. Ongeveer ‘n half uur later het hulle gaan kyk waar bly Juvan, en is gevind hy is nog steeds vas om sy nekkie aan die diefwering. Die naskool juffrou is geroep, maar Juvan was klaar bewusteloos. Sy ma is in kennis gestel, en hulle is met hom hospitaal toe waar hulle ‘n ‘brain-scan’ gedoen het. Juvan se brein het erge swelling, en sy longetjies het ook seergekry. Vandag, Donderdag 21/07/05, twee dae later, is hy weer vir ‘n ‘brain-scan’ gestuur, met die uitslag dat daar nog geen beterskap is nie, en dat die brein membraan besig is om toe te groei. As Juvan nie teen Dinsdag 26/07/05, wakker word nie, word hy breindood verklaar!!!

Juvan is die enigste kind. Daleen se eggenoot is 3 jaar gelede oorlede. Hulle het net mekaar. Met Daleen gaan dit glad nie goed nie!!

Sal jy asseblief vir al jou email vriende hierdie gebedsversoekie stuur? Ja-uris se dogtertjie staan so helder in my geheue voor my, en as God dit vir Ja-uris kon doen, en dit Sy wil is, kan Hy dit mos vir Juvan ook doen? Waar daar lewe is, is hoop!!

Ek hou jou op hoogte van sy vordering, ek glo God se doel hierin sal wel aan ons almal openbaar word. En sê Hy ook nie vir ons “waar twee of meer in My naam vergader, daar is Ek in julle midde” nie?

Dankie Barries,

Jesus liefde

Amanda Terblans

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Thanks for your message. I'm sure everyone who reads it will feel huge sympathy for the mother in this tragic case, and will hope that things can still turn out well.
I can also share salama's concerns, about why it took the adult(s) in charge of caring for the children, so long to realize that one was missing ; as this case reminds us all of how important proper supervision of children can be, as their ideas of a "game" can be so unrealistically dangerous without them necessarily recognizing this.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Net iemand | 2005/07/22

Baie dankie vir almal se antwoorde!!!!

Hierdie mail het in my inbox beland en ek het geweet dat hierdie forum die plek sal wees om dit te "post", my hart gaan uit na hierdie mense al ken ek hulle nie........ek kan net dink waardeur daardie moederhart gaan.

Dit laat my as mamma baie mooi dink in wie se sorg ek my seun moet los wanneer hy oor twee jaar Gr 1 toe moet gaan.....

Solank ons almal glo en die klein godgewe wonderwerkie aan Hom opdra en bly glo in God se genesingskrag, sal alles gebeur soos Hy dit verkies.

Laat weet die forum van sy vordering, sodra ek ietsie in my inbox kry!!!

Weereens dankie vir almal se gebede!!!!

Reply to Net iemand
Posted by: lady nina | 2005/07/22

hi there

i'll keep them in my prayer

nina

Reply to lady nina
Posted by: Liz123 | 2005/07/22

Ek het gelees van hom in die Beeld. Baie sterkte, ons bid vir hom. Hou moed.

Reply to Liz123
Posted by: Sjoe | 2005/07/22

Hy staan by ons en help ons in al ons krisisse. Daarom kan ons ander mense help en troos wanneer hulle swaarkry. Ons kan presies dieselfde troos met hulle deel as wat God met ons gedeel het.

Herhinner my, Here dat ek nooit alleen is nie, want U is by my elke dag van my lewe.

Moenie moed opgee nie: wees eerlik met God oor jou gevoelens, maar hou aan bid todat jy by die "Maar, God" deel kom.

Ek hoop en bid julle alle sterkte toe.

Reply to Sjoe
Posted by: salama | 2005/07/22

I am so sorry. But what pisses me off is the little importance we as adults put into the looking after of our childreen. Why were the children left unattended? Where was the caregiver and why did it take so long for someone to realise that the little boy was missing? All these quetsions go through my head. I am disgusted with all involved. Mum we are praying for you. May the Love of God envelope among you and your family. I will pray for your son

Reply to salama
Posted by: Red | 2005/07/22

I'll keep them in my prayers !

Reply to Red
Posted by: Purr | 2005/07/22

My oë is vol trane.Ek sal vir julle almal bid,dit is n' afgryslike frats ongeluk!!Asb hou ons op hoogte.

Reply to Purr
Posted by: KC | 2005/07/22

Shame. I will definantely say a prayer for your friend and her son. My heart is so sore for them now.

Please keep us updated.

Reply to KC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement