advertisement
Question
Posted by: Nuuskierig | 2003/01/07

Leaky Gut Syndrome

My dogter (22) is met "Leaky Gut" gediagnoseer en moet Gis. Melk en Suiker vermy in die dieet. Sy kan nou nie meer brood eet nie - ek wil graag weet of "natural yeast" wat op etikette voor kom, ook skadelik sal wees. Sy kan gelukkig rog eet, maar ek weet nie of rogbrode met gis gebak word nie - party praat van "natural yeast". Kan ek Bakpoeier in gebak vir haar gee of word bakpoeier ook as "gis" beskou? Kan fruktose i.p.v. rietsuiker gebruik word? Alle inligting word opreg waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Gis sluit ook hierdie 'natural yeast' in. Net omdat die towerwoord 'natural' gebruik is, beteken dit nie dat dit vir jou dogter onskadelik sal wees nie. Jy kan gerus brode met rysmeel of rogmeel en bakpoeier vir haar bak. Gis/yeast is 'n lewende organisme soos 'n swam, terwyl bakpoeier net chemikaliee bevat. Met suiker word ALLE suikers bedoel, ook fruktose en glukose. Het jou dogter 'n dieetkundige gespreek? Indien nie, bel (012) 998-5650 (soggens) en kry die naam en telefoonnommer van julle naaste dieetkundige - dit is raadsaam om 'n dieetkundige te spreek sodat sy/hy vir julle met gedetaileerde inligting kan voorsien. Dit sal ook help as jou dogter 'goeie bakteriee' inkry deur gebruik te maak van produkte soos 'Bifidoflora of Bifidoforte' wat julle by geondheidswinkels kan koop.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement