advertisement
Question
Posted by: Peet | 2007/07/23

Laktose/fruktose

Hi daar
My een vriend op Varsity ly aan "juvenile arthiritis" en hy mag 'n groot verskeidenheid voedsel nie eet nie. Dit sluit onder andere in koring-,melk,suiker- en meeste "processed" produkte. Hy is ernstig op soek na 'n plaasvervanger vir suiker, maar mag ook nie kunsmatige versoeter eet nie. Waar kan hy 'n laktose- fruktose plaasvervanger in die hande kry?
Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Peet
Dit is moontlik om fruktose by gesondheidswinkels en apteke te koop. Jou vriend moet egter versigtig wees om nie te veel fruktose in te neem nie, aangesien dit winde, diarree en abdominale ongemak kan veroorsaak. Ek wil graag aanraai dat jy vriend 'n kliniese dieetkundige moet spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in julle gebied te vind) om hom te help met 'n gebalanseerde dieet wat nie sy artritis sal benadeel nie, maar tog nog al die voedingstowwe sal bevat wat hy nodig het vir goeie gesondheid en sal verseker dat hy nie gebreke ontwikkel nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement