advertisement
Question
Posted by: Vuurhoutjie | 2003/02/06

Lae pankrea telling en lae spiertonus

My seun (4 jaar) het die afgelope jaar kroniese diarree gehad en hy weeg tans maar 15 kg. Verskeie toetse is op hom gedoen- vetabsorpsie toetse, sweettoetse, ens. Na verskeie bloed en stoelgang toetse is uitgeving dat sy pankrea telling 57 is (minimum moet 200 wees). Daar is ook 'n ERCP op hom gedoen, maar sy pankreas, galblaas, ens. het normaal vertoon. Wat kan andersins die rede wees vir die lae pankrea lesing? Hy is ook in 1999 met 'n lae spiertonus gediagnoseer en ontvang die afgelope 3 jaar al arbeids, spraak en fisioterapie om sy ontwikkelingspeil op datum te kry. Kon die pankrea probleem moontlik nog altyd onderliggend wees en die rede vir die lae spiertonus wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Vuurhoutjie, ek twyfel of die pankreas probleem die lae spiertonus veroorsaak, maar dit mag deel wees van dieselfde probleem. Die chroniese diarree mag die oorsaak wees van die verlaagde pankreas ensiem, maar ek kan nie met sekerheid sê nie. Dit is ‘n gekompliseerde geval hierdie en nie iets wat ek met gemak oor die Net sal kan hanteer nie. Die beste sal wees om ‘n tweede opinie by ‘n pediater of ‘n pediatriese neuroloog te kry. Ek kan jou name gee as jy in of om Pretoria bly, maar anders sal jy jou dokter moet gaan sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement