advertisement
Question
Posted by: Lo | 2010/03/29

Lae GI of Hart vriendelik

Goeie more.
Ek wil net eers se dankie vir die raad.

My vraag gaan oor die hart teken op kos en Lae GI.
My man het cholestrol. EK probeer om altyd te kyk vir die hartjie op kos wat ek koop maar wat ek nie verstaan nie is dat lae GI brood het nie die hartjie op nie. Watter een is dan die beter een?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lo
Die feit dat die spesifieke lae-GI brood nie die Hartmerk vertoon nie, beteken nie dat dit vol vet en cholesterol is nie. Sommige produsente doen net nie aansoek vir die Hartmerk nie. Dus is dit belangrik dat jy ook kyk na ander faktore, soos bv die totale vetinhoud, die versadigde vetinhoud en die cholesterolinhoud van produkte wat jy vir jou man koop. Volgens die nuwe Etiketteringsregulasies wat begin Maart gepubliseer is, is die volgende reëls van toepassing op lae-vet, lae-versadigde vet en lae-cholesterol kosse: 3g totale vet of minder per 100g; 1.5 g versadigde vet per 100g; 20 mg cholesterol per 100g. Kyk dus op die etiket van die lae-GI brood om te sien of dit voldoen aan hierdie voorwaardes, indien wel, dan is dit ook hart-vriendelik.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/03/29

Beste Lo
Die feit dat die spesifieke lae-GI brood nie die Hartmerk vertoon nie, beteken nie dat dit vol vet en cholesterol is nie. Sommige produsente doen net nie aansoek vir die Hartmerk nie. Dus is dit belangrik dat jy ook kyk na ander faktore, soos bv die totale vetinhoud, die versadigde vetinhoud en die cholesterolinhoud van produkte wat jy vir jou man koop. Volgens die nuwe Etiketteringsregulasies wat begin Maart gepubliseer is, is die volgende reëls van toepassing op lae-vet, lae-versadigde vet en lae-cholesterol kosse: 3g totale vet of minder per 100g; 1.5 g versadigde vet per 100g; 20 mg cholesterol per 100g. Kyk dus op die etiket van die lae-GI brood om te sien of dit voldoen aan hierdie voorwaardes, indien wel, dan is dit ook hart-vriendelik.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.