advertisement
Question
Posted by: Madie | 2008/01/18

lae bloedruk en dubbele longontsteking

My pa was 27 dae in ICU met dubbele longontsteking. Daar was dae wat die longe verbeter het, maar dan kry die linker long 'n terugslag. Hy is 22 Desember oorlede. Sy bloeddruk het skielik net begin daal tot daar geen bloeddruk was en daarna het sy hart gaan staan. Wat het veroorsaak dat die bloeddruk net bly daal het al het hulle hom op 3 soorte bloeddruk medisynes gehad? Toe ek by hom kom was sy bloeddruk 42/21, sy hartklop 70 en die asemhalingsmasjien op 100 %. Was hy toe al dood? Ek het gedink mens sterf eers as jou hart ophou klop. Toe ons net voor sy verassing na hom gaan kyk het, was sy gesig vreeslik geswel. Ek het hom amper nie erken nie, wat het dit veroorsaak? Ek het soveel vrae ...... ons was by hom tot alles verby is .... het hy gehoor toe ek met hom gepraat het? Jou tyd en raad word vreeslik waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Madie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Jou pa het seer sekerlik cor-pulmonale ontwikkel as gevolg van die dubbele long ontsteking. Dit wil se die hart het seer gekry as gevolg van die dubbele longontsteking en daarom het sy bloeddruk soveel gedaal. 'n Mens word dood verklaar indien daar geen brein aktiwiteit is nie. Gevolglik kan die hart nog klop, maar daar is geen brein aktiwiteit nie. Of hy jou kon hoor of verstaan gedurende hierdie tydperk, is baie onwaarskynlik. Die swelling post-mortem, kan ek ongelukkig nie verklaar nie.

Jammer vir jou verlies van jou pa.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Eugene | 2014/11/17

Wat kan n mens doen as dubele longontsteking nog besug is om te ontwikkel...want my pa was by die dokter en hy het gese dat my pa besig is om dubele longontsteking te kry...ek is nog baie lief vir hom en wil hom nie nou al verloor ni...

Reply to Eugene
Posted by: dee | 2008/01/18

middag madie.

ek kan jou nie antwoord nie, maar wil net vir jou se ek is vreeslik jammer oor als wat gebeur het. jy moet net moed hou als sal met tyd beter raak.

Reply to dee

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement