advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/05/29

Lae bloeddruk

Hi Doc.

My Kardioloog het die LANOXIN verander na CARDICOR 2,5mg (1x per dag). My rustende HR is nou gemiddeld 80. Dit is 'n welkome verandering.

Ek sukkel egter nog met baie lae bloeddruk: gem. 85/65
Ek drink Akrinor daagliks maar my bloeddruk bly laag.

Wat kan die rede wees vir my lae bloeddruk? Ek voel kronies moeg en swak en ek is nou al 8 1/2 weke post-op.

Baie dankie, vir die raad hoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie vir die terugvoering.

Ongelukkig sal jy jou kardioloog moet raadpleeg oor die rede vir jou lae bloeddruk, maar 'n bietjie sout inname kan dalk jou bloeddruk 'n bietjie opstoot en jou beter laat voel. Jy het 'n groot operasie ondergaan en die herstel periode is nie net 8 1/2 weke nie. Dit kan soms maande neem.

Probeer ligte oefening, soos swem.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement