advertisement
Question
Posted by: adele | 2008/01/29

kwaai hond

Ek het 'n Jack Russel wat gekruis is met 'n Staffie die ma en pa was al reeds hierdie kruising. Sy is nou 7 jaar oud (mense jaar). Die probleem wat ek het is dat sy baie kwaai is van kleins af. Sy grom glad nie en sy waarsku nie dat sy jou gaan byt nie. Ek het 'n 3 jarige dogtertjie wat soms met haar speel , maar sy het haar nou al 'n paar keer gebyt, ek wil weet of daar nie iets is wat mens vir die aggresie kan gee nie of wat ons moet doen dat sy nie my dogtertjie moet byt nie. Wanneer mens haar vryf dan raak haar vel stuif en dan weet ek , ek moet ophou anders gaan sy byt. Ons het 'n Labrador gekry om te kyk of sy nie rustiger sal raak nie maar sy het die labrador in die begin gebyt totdat die labrador volgroeid is toe het die labrador terug gebyt. Die Jack Russel was altyd bo aan die ranglys om dit so te stel, want sy het altyd in die huis gekom, maar met die labrador en die kind in die huis het sy na onder op die ranglys geskuif ek weet nie of dit 'n rol kan speel nie. Ek hoop u het raad vir my. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

"n bytended hond is gevaarlik. Ek sou nie 'n kind toelaat om naby so 'n hond te kom nie want hulle kan ernstige beseerings veroorsaak. Vir my is dit nie die mooiete werd om 'n agressiewe hond aan e hou met die kennis dat dit my kind kan byt. Dit klink amper as of dit beter sou wees om die hond uittesit.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement