advertisement
Question
Posted by: | 2015/02/09

kortisoon gebruik en newe effekte

Ek het kortisoon pille vir sowat 4 maande gebruik, gewig toegeneem en ek kry dit nie afgeskud nie, ten spyte van streng dieetplan en oefening. Het die medikasie enigsins iets te doen met gewigs toename?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc
- 2019/08/23

Beste Kortisoon

Beste Kortisoon


Kortisoon is 'n hormoon wat wel die metabolisme op verskeie maniere kan beïnvloed en dus tot gewigstoename kan bydra. Kortisoon veroorsaak waterretensie wat natuurlik mens laat swaarder weeg. Hierdie effek behoort met verloop van tyd weer te normaliseer. Indien dit steeds 'n probleem is, kan jy dalk die dokter vra om diuretika (waterpille) vir jou vir 'n rukkie voor te skryf. Die ander effek van kortisoon is om die aptyt te stimuleer sodat mens meer eet - dit behoort ook oor tyd te verdwyn. Dan is daar die effek van kortisoon op insulienweerstandigheid en vetdeponering in die liggaam wat baie langer kan aanhou en wat moontlik met 'n lae-GI, lae-vet-dieet behandel moet word. Gesels eerstens met die dr wat die kortisoon voorgeskryf het oor hierdie gewigstoename sodat jy die nodig ondersteuning kan kry (bv. waterpille, of toetse en behandeling vir insulienweerstandigheid). Indien jy wel aan insulienweerstandigheid ly, sal jy baat by die hulp van 'n geregistreerde dieetkundige (besoek: www.adsa.org.za en klik op 'Find a dietitian').

Vriendelike groete

DietDoc


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement