advertisement
Question
Posted by: Milla | 2007/03/19

Korrekte kos vir my man

Hi Doc,

My man het begin om gewig aan te sit, niks ernstig nie, maar dis iets waarna ek moet kyk. Waar kan ek 'n idee kry van wat ek vir hom elke dag kan gee om te eet, veral vir middag-ete. Hy ly aan lae bloedsuiker.

Dankie.
Groete
Milla

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Milla
Omdat jou man aan lae bloedsuiker ly, is dit essensieel dat hy 'n kliniese dieetkundige moet spreek dat sy/hy vir hom 'n individuele dieetvoorskrif kan uitwerk. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou man help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir sy spesiale behoeftes, veral i.v.m. die lae bloedsuiker. Gereelde oefening help vir oorgewig en lae bloedsuiker, dus sal dit goed wees as jou man aërobiese oefening kan doen (flink stap, draf, fietsry, swem of aansluit by 'n gimnasium of Walk for Life).
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement