advertisement
Question
Posted by: Keen | 2007/08/02

Kopervlakke

Hi dokter

'n GP het onlang metaalvlakke by my laat toets deur Ampath. Ek het eers 'n inspuiting gekry wat die metale sal "bind" en toe is die urine weggestuur. (Die dokter is ook 'n naturopaat). Ek het na hom toe gegaan nadat ek geen antwoorde kon kry oor my pyn in my lewerarea nie by my spesialiste nie. Die verslag wys ek het verhoogde kopervlakke in my urine (300...die maksimum moet 50 wees). Die loodvlak was effens verhoog met 2 punte. Van wat ek gelees het op die internet kan verhoogde kopervlakke baie gevaarlik wees vir die lewer. Ek het 'n afspraag by my gastrodokter gemaak (hy is ook 'n hepatoloog). Ek gaan die resultate van die toets vir hom wys en hoor wat dink hy.

My vraag is net dit...as hulle my dan ingespuit het met 'n middel wat metale aantrek, sal die vlakke van die metale dan nie in elkgeval verhoog wys nie? Die ander vraag is dat as my kopervlakke hoog is, kan dit dui op 'n lewerprobleem?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Keen
Ek weet nie wat se inspuiting hy gegee het nie - maar dit behoort nie die totale koper in die liggaam te beinvloed nie - gewoonlik meet hulle vry koper en cobalamien (die draer proteien). Oormatige Koper kan die lewerfunksies negatief beinvloed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement