advertisement
Question
Posted by: Loving Daddy | 2007/12/05

Kop-luise

Dankie vir die geleentheid - my dogter is 6 jaar oud. Ek sukkel geweldig om kopluise onder beheer te kry. Het letterlik al duisende rande aan shampoo`s spandeer... Ek raak nou raad-op. Wat is `n veilige en praktiese middel wat ek kan gebruik..

By voorbaat dank

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageTeen expert

Hi there,

given the age of your daughter, try posting your question on our parenting forum, I am sure you will get some useful feedback there.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: Doret | 2008/03/24

Spoel jou kop af met coke (gaskoeldrank) - dit maak die luise dood - en laat dit droog word. Gooi 3 druppels citronella olie in jou gewone bottel sjampoo en was gereeld jou hare daarmee. Dit sal keer dat jy ook nie weer luise of nete kry nie.

Reply to Doret | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016/02/11

Werk dit regtig?

Posted by: momsy | 2008/03/06

o ja probeer bietjie Nitcracker da is n pienk en wit soort en dit werk! (apteke) die wit een maak hul hare baie olierig moet goed uitgepoel word ek vind dat luis sjampoo beter werk om die kop te was na die wit nitcracker - sjampoos moet gereel afgewissel word en so tussen in help mayonise wat goed op die kop gesmeer is en bedek die kop met plastiek maar dit moet lank aanbly to so uur en goed gespoel word lyk my die goggas hou nie van olie nie kan nie lekker klou aan die hare.

Reply to momsy
Posted by: momsy | 2008/03/06

Ek meng sommer die luis sjampoo met hondesjamoo en kookolie asyn en skilverwerende sjampoo als in een bottel dan was ek elke 2 de aand tot hulle koppe skoon is dit moet natuurlike 20 minute op bly en dan deeglik gespoel word in warm water die hare moet ook uitgekam word met die fyn kammetjie glo my dit werk.
Ek daai my hare gereeld en het nog nooit kopluise gehad nie maar jy mag mos nie die skool kinders se hare daai nie doen dit sommer in die lang vakansie met n kleur so na moontlik aan hul eie.
o ja en die kopkussings en beddegoed en handdoeke moet gereeld gewas en geruil word ek spuit luis goed op die kussings
dit werk moet net nie moed op gee.

Reply to momsy
Posted by: Sins | 2008/01/25

Jy kry Para Lice Spray by die Apteek. Daar is twee weergawes. Die een is vir behandeling en voorkoming en die ander een is net vir behandeling. Die een net vir behandeling is uitstekend. Jy spuit dit in, los 10 minute en was dan die hare. Sit daarna en verwyder die nete met 'n kammetjie. My dogtertjie het gehad. Ek het omtrent 30 luise uit haar kop gehaal. Na die behandeling het sy nog nie weer gekry nie, maar ek behandel haar hare elke 2de week met die voorkoming een.

Reply to Sins
Posted by: wina | 2008/01/22

Ek het luise by my kinders gekry. Hulle is skoon, maar ek sukkel al vir drie weke om dit van my kop af te kry. Ek het al twee puik shampoo's gebruik wat deur my apteek gegee was. Ek was en niks wil werk nie. Kan iemand help!!!!

Reply to wina
Posted by: M-Mom | 2008/01/17

Ek het by die apteek 'n yster kammetjie gekry wat die nete ook verwyder. Ons was my dogter se hare elke Sondagaand met Green tea shampoo en gebruik dan die kammetjie. Dit werk, maar moet weekliks gemonitor word aangesien my dogter in die koshuis is.

Reply to M-Mom
Posted by: G-Dad | 2007/12/06

Ek vind dat as jy para lice spray op spuit en los vir ongeveer 15 minute dan die hare was met die shampoe wat by die apteek beskikbaar is, die shampoe moet ook ongeveer 10 minute op die kop bly dan maak seker dat dit goed afgespoel word, dit maak egter nie die eiers of neute dood nie, was die hare elke 2 de dag.

My kinders se skool het onlangs 'n brief na die ouers gestuur waar hulle waarsku dat die kopluise weerstand bied teen die shampoe en dat hulle 'n ander produk aanbeveel wat by homopate en gesondheidswinkels beskikbaar is, ek kan die naam kry indien jy dit soek.

Reply to G-Dad
Posted by: Billy | 2007/12/05

Kopluise is seker een van die plae wat 'n mens mee sukkel.Ek het dieselfde ondervind toe ek in die Kruger wiltuin gebly en gewerk het.Droe gras en natuurlik ander kinders wat dit het en die ouers beheer dit nie. Die beste wat ek gevind het was honde sjampoo, was die hare daarmee,spoel goed af en was dan weer met 'n gewone sjampoo,gebruik ook 'n kammetjie(die soort wat die mans hulle hare mee kam)Daar bly neute van die luise agter en dit moet ook verwyder word. Gebruik min honde sjampoo dit kan miskien die kopvel irriteer, maar ek is seker dit gaan werk Sterkte.

Reply to Billy
Posted by: Maria | 2007/12/05

Probeer liewer die Parenting forum (in Engels) jou kanse is beter om 'n antwoord daar te kry.

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement