advertisement
Question
Posted by: Nicky | 2007/04/17

KOLONPROBLEEM

Hi Cyberdoc

Ek het nog nooit 'n probleem gehad om 'n stoelgang gereeld te kry nie. Nadat ek my kind deur 'n keiser in die lewe gebring het, het my probleme begin. Alhoewel dit weer reg gekom het na net 'n paar maande. Ek het nou 'n werk waar ek baie sit. Het gister 'n flouteaanval gehad in die winkelsentrum en dokter se dit is my kolon en stres. My spiere is aangetas. Hy het Liberax voorgeskryf. Ek het nie 'n mediesefonds nie en kan nie bekostig om die heeltyd dokter toe te gaan nie. Laas jaar omtrent dieselfde tyd het ek amper weer 'n flouteaanval gehad. My derm werk net met sekere tye nie elke dag. Ek ry fiets en springtou en het 'n kleuter wat my besig hou. Die dokter se ek moet meer stap.

Is dit moontlik dat dit dalk 'n maagvirus is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nicky
Ek dink jy kry genoeg oefening, maar met 'n kleuter is dit moeilik om nie gestress te wees nie! Probeer iets soos lactulose stroop saans of fybogel ( daar is 'n goedkoper generiese een) as jy hardlywig is. Librax is anti spasma maar bevat ook valium wat verslawend is en mens bietjie kan laat vaak voel - biral is 'n kruie middel wat veiliger is op die lang duur. Floutes kan veroorsaak word deur lae bloeddruk of lae bloedsuiker.
sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Fainting

Ek dink nie dit klink soos 'n maagvirus nie?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement