advertisement
Question
Posted by: Erica | 2007/08/15

Knoppies in gesig

My doger (15 jaar) het ewe skielik knoppies op haar voorkop, en langs haar neus ontwikkel, dit lyk onooglik. Baie duur produkte is al gekoop maar die toestand verbeter nie, Moet ek maar na 'n dermatoloog toe gaan, of is daar iets wat mens kan gebruik om haar miskien van binne skoon te maak ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Erica
Laat jou GP eers kyk - dit is baie keer behandelbaar met topikale antibiotika of iets soos Differin gel. As hy nie weet nie, kan hy jou verwys na 'n dermatoloog. Ek twyfel sterk of iets van binne 'n verskil sal maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cleo | 2007/08/15

Hi Erica,

Ek het ook sulke knoppies gehad veral op my voorkop. Dit lyk amper soos 'n kors van knoppies maar myne was nie rooi nie, maar wel sigbaar.

Ek was na 'n goeie Dermatoloog toe en het Differen Gel vir die aande en 'n soort alkol vir die dag gekry wat ongelooflik goed gewerk het. My knoppies het heeltemal verdwyn. Die Differen Gel werk ook goed vir daai knoppies wat sommige mense op hulle bo-arms kry.

As jy nie na 'n Dermatoloog kan gaan nie, vra jou GP wat hy van Differen Gel dink en of hy dit nie dalk vir jou kan voorskryf nie. Die medies betaal gelukkig daarvoor.

Sterkte en groete.

Reply to Cleo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement