advertisement
Question
Posted by: Sharon | 2007/03/19

Knoppe in borste

Liewe Dokter (jammer vir Afrikaans) Hoop u kan my bietjie help. My aanstaande skoonsuster is 19 en sukkel al vir jare met knoppe in haar borste wat baie seer is. Jy voel net lig op haar regter bors dan voel jy duidelik die knop. Dus ondraaglik seer en sy kry selfs are op haar bors gedeelte so asof die borste swaar dra. Sy is besig om tans te studeer en wil nou graag met erens kyk na die probleem. Sy ondervind probleme om selfs op haar maag te lê, want dan pyn dit. Sy het onlangs 'n dokter besoek hy het haar pille gegee hy sê dit kan moontlik vog wees wat so oor die in haar borste sit. Die pille moes gehelp het om die vog uit te trek, maar niks het gebeur nie. Watter volgende stap kan ons nou doen, sy is dalk bekommerd vir kanker?? Kan u ons dalk verwys na iemand naby ons woon in Kuilsrivier, Kaapstad. Dankie eers Sharon

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sharon
Watse gejammer vir die Afrikaans is dit! Ek praat met liefde Afrikaans.
Jou skoonsussie moet asb by 'n ginekoloog of selfs 'n GP uitkom en vra dat hulle haar stuur vir 'n borssonar. As daar dalk siste is, is die volgende stap 'n verwysing na 'n sjirurg wat dan van die vog sal aftrek en seker maak daar is geen kankeragtighede nie. As die Sist groot is, kan mens dit dreineer of selfs uitsny onder narkose maar dit is regtig nie nodig dat sy so swaarkry nie.
sien ook http://www.breastcancercare.org.uk/content.php?page_id=161

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/10/24

Been there done that....ek was alreeds vir 2 operasies eers vir vog in boob wat gedrain is onder narkose....toe 3 maande later weer teater toe groter gat gemaak en weer gedrain.....RAAI WAT? 3 maande later wat nou is die knop is terug....vuur warm en vreeslik gevoellig en baie seer. Wens ek kan iemand kry wat weet wat aangaan. Ek is al so raadop ek kan beide my boobs sommer self afsny.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement