advertisement
Question
Posted by: Keel probleem | 2008/08/05

Knop in die keel

Ek is ' n 24 jarige vrou, en eks-roker. Die afelope maand of so voel dit of daar iets in my keel vassit - of buite aan my net druk. Ek sukkel nie om te sluk nie - dit is net ' n irriterende gevoel wat nie wil weggaan nie. Elke dag wat stres ek meer daaroor. Wat kan dit wees? Ek kry baie sooibrand, kry pyne in my bors, ly aan allergieë  en het ' n permanente drup in my keel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keel probleem
Jy het dalk esophagitis of inflammasie van die slukderm, en skildklier probleme kan ook so gevoel gee. Sien asb jou dokter want jy het dalk 'n gastroskopie nodig om te kyk - chroniese esophagitis kan oorsit in kanker later aan.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/09/21

Goeiemiddag. Ek is raadop en hoop dat ek iewers gaan raad kry. Ongeveer 45 dae gelede is ek dokter toe met 'n erge hoe koors asook lyfseer, velseer, erge sinus drup, hoes ens. Dokter het my een kyk gegee en antiobiotika voorgeskryf, Dit was op 'n Dinsdag. Teen die Woensdag het my stem verdwyn maar het teen die Donderdag normaal teruggekeer en ek het beter begin voel. Teen die Vrydag het dit weer weggegaan maar Vrydag aand weer teruggekom. Teen die volgende maandag was my stem weer weg. More sal dit 40 dae wees wat niemand my kan hoor of verstaan nie. Ek het nie net 'n effe stem nie, daar is absoluut geen stem, slegs piep geluide wat uitkom. Ek raak ongelooflik uitasem wanneer ek moet praat, dis asof ek net nie genoeg suurstof kan gebruik nie, dit voel aanhoudend asof iets in my keel vassit (soos 'n knop), maar niks is seer nie. My keel raak ongelooflik droog en ek moet aanhoudend vloeistof inneem sodat dit (sag en glad) kan voel. Eweskielik het ek ook begin stik, of ek nou koffie, koeldrank of 'n broodjie eet, ek stik byna elke slag as ek eet. Ek kry nie sommer sooibrand nie. Wat staan my te doen? Wil nie onnodig 'n dokter gaan sien wat my miljoene uit die sak gaan jaag, Ek is nie lid van 'n mediese fonds nie maar wel 'n hospitaal plan met dag tot dag opsies.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/07/07

hi ek het n probleem ek was baie siek het vreeslik op gegooi maar na n week voel dit of ek nie kan sluk nie voel of iets in my keel vas sit en party aande sukkel ek om asem te kry dan moet ek regop sit in die bed om asem te kry. as ek klaar geeet het dan voel dit of die knop in my keel groter is en dit is so ongemaklik om te sluk. enige raad asb.

Reply to Anonymous
Posted by: Lynette. | 2014/01/09

Ek het die selfde probleem dit voel of iets in my keel sit, nie die hele tyd nie, maar met rukke, ek het al n barium maal en barium enema gehad, maar daar was niks met my sluk derm verkeerd nie, ek het al sinus pille gedrink maar niks wil help nie, ek het ook vir n langruk tablette gedrink vir n onderaktiewe skilklier om dat ek nie gewig kan verloor nie, dit was n vital produk, dus is ek ook half raadop oor die probleem. Kan iemand vir ons raat gee asb. Ek is 57 jaar oud.

Reply to Lynette.
Posted by: magda | 2014/01/02

Vyf keer Gastroskopie gehad alle spesialiste se ek is nie regte kandidaat vir operasie nie. Ek bly ook al vassluk en tot my verleentheid moet ek die skeel elke sekond skoon maak. Die mucus is dik slymerige taai gemors. Ek gaan 'n ineenstorting kry as ek nie gehelp word nie! Ek bely dit nou nie oor myself nie maar daar is soveel strem op my keel ek het vir een maand met 'n heesstem geloop? Gewonder of hulle nie maar die keel moet oopsny en kyk nie? Dalk is daar gewasse aan die buite kant?

Reply to magda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement