advertisement
Question
Posted by: annie | 2007/07/16

knop in bors

3 jaar gelede het 'n mamogram 'n knop in my bors gewys. 'n Biopsie is gedoen en was nie-kwaadaardig. Blykbaar is dit bindweefsel van die bors wat verdik. Hoe gereeld moet ek gaan vir 'n mamogram? Kan die knop dalk later kwaadardig word?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Annie
Hierdie knoppe word gewoonlik NIE kwaadaardig nie, en is nogal algemeen by baie vroue. As jy oor 40 is moet jy so elke 5 jaar gaan vir 'n mammogram ( meer dikwels as jy 'n familiegeskiedenis het) maar ten minste elke jaar vir 'n fisiese ondersoek by jou dokter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Ilke | 2013/09/03

Ek is 23 en het n knop in my bors ek gaan donderdag vir n sonaar moet ek bekomerd wees was gister maandag by doktor en dis baie seer .

Reply to Ilke
Posted by: Adele | 2013/06/28

Ek het 3 jaar terug n groot knop in my regter bors gevoel. Sonar het gewys dis nie kwaad aardig nie, en die mediese naam is iets met n "boom" te doen. Gaan elke 2 jaar vir n sonar. Ek is 35. Hulle het toe nog n kleiner knop gewaar. Verlede jaar se sonar het gewys dis besig om kleiner te word. Hulle is nie seer nie behalwe as ek teen hulle druk of as manlief my bietjie te stuif van hou. Vandag is my linker bors seer en dis asof da n Klein knoppie onder my tepel is wat die seer het. My moed sak in my skoene? Moet ek maar my dokter gaan sien of nog wag en kyk of die seer bly?

Reply to Adele
Posted by: San | 2013/04/11

Hi ek het 'n knop net onder my tepel hy is seer nie baie groot ni e kan dit ook 'n klier wees

Reply to San
Posted by: Susan | 2007/07/21

Hi Annie
Gaan asseblief so gou moontilk na 'n dokter. Ek is 30 en het 'n jaar gelede so 'n knop ontwikkel. Ek is gestuur vir 'n mammogram, maar die tegnikus het gese hy doen net 'n sonar en gese dit is net 'n ontsteekte melkklier. "n jaar later begin my tepel bloed uitloop, ek het die dokter gaan sien, biopsie laat doen en my bors is totaal verwyder 3 dae later. Ek het nou graad 3 borskanker, en begin met Chemo binnekort. Hou duim vas, en gaan, maak seker al moet jy drie tot vier opinies kry. Moenie kanse vat nie.

Reply to Susan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement