advertisement
Question
Posted by: Vrystater | 2006/07/29

Knop aan nek

Dokter

Ek het al vir 'n paar jaar 'n knop aan die kant van nek. Basies in lyn met my hemp se kraag en ook in ook amper in lyn met my oor en skouer. Miskien net so effens meer na die agterkant toe.

Die knop is glad nie gevoelig nie. Net so nou en dan, jeuk dit so effens. Dit is miskien meer 'n geval van dat ek selfbewus is daaroor, omrede mense al kommentaar daaroor gelewer het.

Ek het twee vrae omtrent die knop.
1) Wat kan die knop veroorsaak het? Om die waarheid te sê, weet ek nie eintlik of dit net eendag daar was, so groot dit nou is nie en of het dit geleidelik ontwikkel nie?
2) Wat is die beste manier om dit te laat verwyder? "n Mens oor deesdae baie van allerhande dinge wat met laser gedoen kan word. Is daar dalk so 'n moontlikheid en indien wel, wie kan 'n mens -|- ak in die Vaaldriehoek, wat met laser so iets sal kan verwyder?

Dankie dok!! Waardeer u advies!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

'n Knop aan die kant van die nek vereis aandag. Enige knop vereis aandag. 'n Knop in die area mag 'n vergote limfklier wees. Dit mag 'n sist wees . Daar mag ook 'n probleem wees in die subkutane vet. Uiteraard ek besig om te spekuleer. Gaan sien 'n dokter. Indien nodig kan 'n aspirasie met 'n naald gedoen word of kan 'n stukkie van die vel vir ontleding verwyder word. Die behandeling van die probleem sal alyd afhang van die oorsaak. Ek dink nie laser is geskik vir diasgnostiese prosedures nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement