advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2006/07/14

Knie Vervanging

Hi Doc

My ma het op die 8ste Junie gegaan vir 'n knieg vervanging. Vir haar is gese sy gaan twee dae intesief toe en dat sy 'n epidoraal sal kry vir die 2dae. Toe sy uit die teater uitkom het sy geweldige pyn gehad, en hoe meer sy gekla het hoe meer het hulle haar nie geglo nie. Die tweede dag het hulle UITEINDELIK haar voet gekielie en agter gekom die epidoraal werk glad nie. Op die derde dag en so bietjie morfien het hulle haar geskuif na die saal, en het sy begin kla van rugpyn en spierpyn.

ek was toe op verlof en moes hierdie week wat verby is (vanaf 10 Julie) weer begin werk en sy ook, maar het al van toe verder gekla oor van waar hulle die epidoraal ingedruk het van spiere wat styf is en pyn tot onder in haar kuit. Ek het toe met verskeie mense en 'n dokter gepraat en diese se die narkotiseur het 'n senuwee raak gesteek wat nou dit veroorsaak (aangesien hy vir 'n halfuur gesukkel het om die ding in haar rug te kry jy sien en haar baie seer gemaak het dat my ma aan trane gegaan het)... die afgelope twee aande is haar enkel en knieg geswel en die spiere baie styf.

Sy doen haar oefeninge wat die physio haar gese het om te doen, haar dokter het gese sy moet begin loop met een kruk, maar gebruik 99% van die tyd altwee oor dit te seer is.

Wat kan ek doen om dit beter te maak? En wat kan sy doen om haarself te kan help en om infeksie te voorkom (asb vertel my ook hoe dit kan veroorsaak en hoe om dit te keer ekt gehoor infeksie is die grootste probleem met knieg vervangings).

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bekommerd
Ek is sommer bekommerd as ek hierdie briefie lees - vra ASB julle huisdokter om na haar te kyk en diep veneuse trombose uit te skakel - hy moet asb ook kyk of haar polse in haar voete ok is en of daar enige senuwee uitval in die voet is. As wel, moet hy haar ortopeed bel en as hy nie aandag daaraan gee nie, moet julle 'n tweede opinie by 'n ander ortopeed kry ( en se julle gaan - vir hare!!)

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Dalene Marais | 2013/08/28

goeie more Dokter. ek het gister gehoor ek moet dringend vir n knie vervanging gaan. ek het nie medies nie ek sal enige raad waardeur om my te help hoe moet ek tewerk gaan. ek is op uitenhage oos kaap. my inkomste is maar min en weet nie wat om te doen nie. ek was by verskeie dokters het gese ek het arthritis maar die DR gister het gese ek moet dringen vir n vervanging gaan. kan DR asb help. baie dankie DALENE MARAIS.

Reply to Dalene Marais
Posted by: Elmarie | 2013/07/22

Hallo Dokter My man het Oktober 2011 'n knieg vervanging gehad en het vreeslik baie pyn verduur na die vervanging. Hy kon glad sonder sy krukke loop nie, en is toe terug na die ortopeed toe. Die ortopeed het weer dieselfde knieg in Mei 2013 vervang en nou het my man nog meer pyn. Hy kan ook nie meer pynpille drink nie, want sy maag bloei al van al die pille. Ek het 'n ander otropeed genader vir 'n 2de opinie, maar hy kan ons nie help nie omrede dit nie 'n jaar is wat die ortopeed die vervanging gedoen het nie. Ons is raadop en wil asb weet of daar iets is wat ons kan doen. Hy kan glad nie op sy been trap nie en is so mismoedig om nou al vir soveel maande aaneen met pyn te loop. ASB help

Reply to Elmarie
Posted by: Bekommerd | 2006/07/17

Hi Doc, dankie vir die vinnige antwoord en ek gaan jou raad volg. Ek het klaar 'n afspraak gekry met haar ortopeed vir die 19de (07/06). Sal jou op hoogte hou wat hy se.

Groete

Reply to Bekommerd

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement