advertisement
Question
Posted by: Vir 'n vriendin | 2008/06/23

Klomp medikasie

Liewe dok,

My vriendin was so maand of wat gelede by 'n velspesialis met 'n vreeslike uitslag aan haar gesigvel. Hy het aan haar gesê dat dit is infeksie en het vir haar pille gegee. Hyt gesê dit kan een van 3 dinge wees en almal moet getoets word, Hormone, Vitamien A of die oorsprong van die infeksie (wat sy by 'n warm swembad kon kry of jacuzzi, maar sy gebruik nie hierdie goed nie) Sy was nou verlede Donderdag weer by hom en hy het die volgende weer vir haar voorgeskryf.
1. Benzac Ac Wash - 6 keer - herhaal soggens.
2. Isotrex gel - 6 keer - herhaal saans.
3. Purbac d.s. - 2 keer herhaal - 1 daagliks
4. Androcur 10mg - 1 tablet vanaf dag 5 tot 14 van siklus
5. Yasmin - Gebruik sy al 3jr lank.
Sy het verlede week die heel week gekla van hoofpyn aan die eenkant van haar kop. Saterdag middag het sy vir haar 'n sportsdrankie, Powerade gekoop na dit het sy vir die eerste keer in 'n lang tyd (8jr)weer 'n "cluster hoofpyn" gekry. Haar linkeroog het getraan en het gehang. Sy wou byna doodgaan van die pyn.
Dink dok dis normaal om soveel pille op 'n slag te drink? Haar familie het geskiedenis van swak harte en gewasse. Moet sy eerder verdere ondersoek instel. Haar eie GP sê dis normaal sy moet aangaan met die voorskrif. Sy het ook net Sat en Sondag gemenstrueer en dis ook nou weer weg. Wat stel dok voor moet ons doen?
Baie dankie vir u raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Vir 'n Vriendin
Die behandeling wat hy gegee het is redelik standaard vir aknee behandeling en is nie te veel nie. Die Androcur en Yasmin kan dalk hormonale migraine trigger - maar sy drink tog die Yasmin lank al? Die Androcur gee gewoonlik nie hoofpyn nie. Androcur kan dalk die menstruasie beinvloed maar is nie gevaarlik tensy dit swaar menstruasie veroorsaak nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement