advertisement
Question
Posted by: Jane | 2008/01/09

Kitten doesn't want to eat

Hoop iemand het asseblief vir my raad. My 9 weke oue katjie wil van laas Woensdag af nie eet nie. Sy was dood dollies voor dit. Sy het lekker geeet aan haar droe Hills Kitten pille en was baie spelerig. Ek het 'n 5maande oue katjie ook en hulle 2 het baie lekker gespeel. Sy het op 8weke haar eerste inspuiting en ontwurming gehad en die veearts het gese sy is 'n baie gesonde katjie. So week en 'n half gelede het my 5maande oue katjie op hitte gekom en sy is toe laas Woensdag reggemaak. My 9 weke oue katjie was toe die heeldag alleen by die huis en die aand toe ons by die huis kom het sy vreeslik gemiaau. Jy kon haar omtrent van 'n afstand af gehoor het. Sy wou niks eet nie en het net die heeltyd sit en miaau. Ek het later nat katkos probeer en self pronutro, maar sy wou niks weet nie. Donderdag en Vrydag het sy nog so nou en dan so twee happies kos gevat as ek dit voor haar kom neersit het, maar dit was al. Sy het wel baie water gedrink. Sy wou nie meer speel nie, nie met ons of die ander kat nie en wou net slaap. As sy nie geslaap het nie het sy gesit en miaau. Ek het gedink dit dis dalk maar stress omdat die ouer kat op hitte was en sy toe die dag alleen was so ek het gedink dit behoort beter te raak. Saterdagoggend het sy vir die laaste keer iets geeet as mens dit eet kan noem, Sondag oggend is ons met haar veearts toe, want sy het regtig sleg gelyk, maer en uitgeteer. Die veearts het gese sy is vreeslik gedehidreer, maar andes as dit kon hy niks vind was toon dat sy siek is nie. Hy het vir haar vloeistof in haar magie gespuit, glukose gegee en 'n eetlus opwekker. Ons moes haar huis toe vat en monitor en die middag weer terugbring. By die huis het ons haar tuna gegee soos die veearts aanbeveel het en sy het die hele bakkie verslind. Het haar die middag terug gevat en sy het stukke beter gelyk. Sy het self weer begin kosbak toe stap en haar pille eet. Die veearts het gese hy vermoed ook dat dit dalk stress was en dat sy net iets nodig gehad het om haar aan te laat eet sodat sy weer haar energie kan op bou. Sy het weer begin speel en ophou miaau. Gisteraand wou sy weer nie eet nie en vanoggend lyk sy sommer weer pap en miaauerig. Sy het so bietjie fyn hoender geeet, maar dis al. Sy wil nie haar nat katkos of pille eet nie. Sal nou maar kyk hoe sy vanaand/more is en haar maar weer veearts toe neem tensy iemand vir my raad het? Ek is baie bekommerd oor my katjie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Is die katjie al ontwurm? Is a daar diaree ook?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Jane | 2008/01/10

Hallo julle. Baie dankie vir al die raad.

Om cybervet se vrae te beantw, ja, sy is al ontwurm en daar was so paar dae daarna diaree, maar dis nou alles normaal. Sy kry eers einde Januarie haar volgende inspuitings en dan mos weer ontwurming.

In elkgeval, ons het haar maar gisteraand weer veearts toe gevat, want sy was baie pap. Die dr het haar daar gehou vir die nag om haar te monitor. Ons sal vandag hoor wat gaan verwat en of hulle verdere toetse moet doen.

Reply to Jane
Posted by: shadow | 2008/01/09

partykeer wil hulle nie uit die bakkie eet nie maar as jy die kos op jou vinger sit en voor sy mond hou dan eet hy. as ek 'n siek kat het wat nie wil eet nie voer ek hom so met die hand tot hy sterker is. dis 'n belaglike toneel, ek sit en "yum-yum" en lek my lippe en maak of ek saam eet, hahaa.

probeer 'n blikkie Hills a/d kos, dis baie gekonsentreer en maklik om te eet en dit gee hulle baie woema. ek hoop jou katjie raak gou beter en dat die veearts kan vind wat fout is. dit klink tog of hy iets onder lede het. het jy al 'n FIV en FeLV toets laat doen?

Reply to shadow
Posted by: Angie | 2008/01/09

Sorry to hear of your kitten. When cats are off colour they prefer warmer food. Try warming a bit of chicken for her. Try her on Sardines, they are nice and smelly. If she is dehydrated get her to the vet quickly. Get Colestrum milk from your vet. It is full of the goodness the kittens need. Warm it up. If she will not take it on her own, you can force feed her with a syringe or eye dropper. Be careful when doing this, get some advise from your vet.

Reply to Angie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement