advertisement
Question
Posted by: MC | 2004/11/12

Kinders

Môre almal, eerstens wil ek net sê baie dankie vir 'n puik forum en al die lesers wat bereid is om mekaar te ondersteun met raad en bemoediging. Hopelik kan julle my dalk ook uit my penarie help. Ek is 'n geskeide vrou met twee kinders onderskeidelik 10 en 7. My aanstaande se kind is 3 amper 4. My probleem - Sy dogterjie kom elke naweek na ons toe en soos julle weet is dogters mos pa se kinders! Hierdie enetjie kan doen net wat sy wil, geen dissipline en as ek daaroor praat of straks met haar raas is pa se mond dik. Scenario van verlede naweek - ek het vir die kinders buite swaaie opgesit en daar is nou 1 spesifieke swaai waarop almal wil ry - wel my twee moet nou eenkant staan terwyl die ander enetjie kan ry. As sy met iets anders besig is en nie swaai nie en sien dat die ander twee op op die swaai klim hardloop sy baie vinng na pa toe om te gaan klik, pa is dan onmiddelik opgewerk en kry die ander twee dan raas - hoe gemaak? Verder kan sy speel en krap net soos sy wil in die huis, van op die beddens spring tot elke 5 minute die yskas oop en toemaak - sonder om werklik iets te soek of kaste se deure toe te klap, enigeiets om n mens teen die mure uit te dryf. Soos ek sê sy kan maak net soos sy wil. Ek het al met Pa daaroor gepraat en hy sê hoe kan hy haar oor 'n naweek dissiplineer as sy gedurende die week by haar ma kan maak soos wat sy wil. Ek voel my twee lei nou onregverdiglik daaronder want my gevoel is wat vir een geld geld vir die ander.
Raad asseblief!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

MC, talk to Pa again, he's being naive. Kids readily adapt to the idea that there are different rules in different places, different households. How she behaves in the days she's with her mother is up to that woman, who can suffer the consequences of her own foolishness if she's neglecting the child as much as it sounds. But the child CAN learn that whenever and all the time she is visitng YOUR home, there is a different set of rules, about behaving, sharing, etc. It's just important that you and pa agree on this and apply the same rules and penalties, as otherwise she will shamelessly and eagerly exploit any differentces, and appeal to pa everytime Ma applies the perfectly fair rules. Pa must guarantee that he'll say --- while you're in THIS home, thouse ARE the rules, I agree with ma, and that's how it will be while you're here.
Maybe he feels a bit guilty about the divorce and wants to compete with his Ex and to avoid scolding or disciplining the kid, and for the child's own sake, he needs to be more adult and paternal. She needs a dad, not another immature and irresponsible pal.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Baie Moeg!!!! | 2015/11/24

Goeie more, ek wil net graag raad en advies hoor, die ding is so, my man se seuntjie (6) uit `n vorige verhouding is `n handvol en ek is raadop. Dis my 2de huwelik en het 3 kinders uit my eerste huwelik. My man en die seun se ma is uitmekaar toe die seun maar 1 en half was omrede die welsyn die seuntjie by sy ma wil hom haal het en toe kom bly die seun by my man op die ouderdom van 2, dis toe ek die seun leer ken het. Die probleem is die seun is hiperaktief en baie ongehoorsaam. Hy sal sy pa begin slaan, luister nie as ek met hom praat nie, is baie klouerig aan sy pa, wil hè pa moet by hom in die bed slaap, wil nie sy kos eet nie maar sal liewers lekkers hè of nagereg en hy jok geweldig baie. Hy het n probleem op skool, kan nie konsentreer nie en het geen belangstelling in sy skoolwerk nie tot die juffrou by sy skool het my genader oor die saak. My man sal om die vrede te bewaar die seun gee wat hy soek nadat ek mooi gepraat het hy moet dit nie doen nie (nie voor die seun nie). Ek weet elke kind se persoonlikhede verskil maar dis asof nie situasie net te erg is vir my om te hanteer, ek sal bv met hom mooi praat dan is asof hy net vir my lag en aangaan met wat hy doen. My man het 3 maande terug `n rugoperasie gehad en ek probeer die seun kalm hou maar hy sal net op sy pa spring en gee glad nie om as my man pyn het nie, ek hoop rerig iemand kan my net raad gee, waar ek nou hier sit is ek moedeloos

Reply to Baie Moeg!!!!
Posted by: ER | 2014/03/25

WAT STAAN MY TEDOEN AS MY EX VROU SE MAN MY KINDERS LYFSTRAF TOEDIEN AS HULLE SLEG DOEN IN TOETSE MAAR KOM NOG ELKKE KEER DEUR.DAN N ANDER VRAAG VIR AL VIR MANS WAT GESKEI IS .WAT VERSTAAN JULLE ONDER DIE WET VAN GESAAMENTLIKE TOESIG EN BEHEER VAN KINDERS ,VERAL FINANSIEHEEL

Reply to ER
Posted by: Ander Johan | 2004/11/12

Sien julle het almal so groot debakel gehad oor stiefkinders, wel ek wil graag iets weet / raad / sienswyses. Daar is seker baie van julle wat in so verhouding is, waar of jy of jou lewensmaat kinders het van 'n vorige verhouding. Ek is in die situasie, waar ek 'n dogter het van n vorige huwelik en nou nog 'n dogter het van 6 maande, wat ek saam met my lewensmaat het. Hy het twee seuns uit 'n vorige huwelik ook. Soos elke gesin het dit groot aanpasbaarheid gekos van alby kante af itv om mekaar se kinders te aanvaar. Gelukkig is my dogter 'n tiener, en syne nog baie jonk. My probleem is egter die volgende, en as ek verkeerd redeneer, keer my maar en eerder om jakkalsdraaie te gooi, vertel my reguit of ek verkeerd dink.

Ek glo aan dissipline, en kan onthou hoe baie keer ek moes hoor "gaan wag vir jou pa in die badkamer". Ek glo tot vandag toe as dit nie was vir daardie pakslae nie, sou ek nie so gedissiplineerd vandag gewees het nie, mens leer respek vir jou ouers en mense om mens. Lewensmaat glo nie aan dit nie, juis omdat hy sy seuns slegs elke 2de naweek sien. Die oudste seuntjie is verskriklik intelligent en baie vatbaar itv wat sy ma vir hom voorskryf, die ma kan ook nie aanvaar dat hy aangegaan het met sy lewe nie. Sy sal hom sms oor goed wat niks met hom te doen het nie, dis so asof sy hom probeer 'deel' hou van haar lewe al sien sy iemand anders. Ek is al baie goed genoem deur die kinders, ignoreer help nie, want dan dink hulle hulle kan aangaan om my name te noem, praat met mens se lewensmaat help ook nie, dan hoor ek dis as 'n grap bedoel. Respek van hulle kant af is daar ook nie, tog probeer ek die beste 'stief'ma te wees van my kant af. My eerlike opinie is die ma se vir hulle om so te wees teenoor my. Daar is al aan my gese "Bye bye hond" van die 4 jarige, 7 jarige sal altyd 'n antwoord terug he. Die naweek wat hulle nie daar is nie, kry ek relatiewe ondersteuning van my lewensmaat itv ons baba, sodra die seuns daar is, is dit 'non-existant' dan kan die wereld vergaan, dis hy en die seuns, wat ek kan verstaan tot en met 'n sekere mate. Ek wonder of my lewensmaat ooit besef hoeveel energie so naweek uit my neem, daar is die baba - wat ek na omtrent op my eie kyk dan, danksy my 12 jarige is dit ietwat makliker, maar sy is jonk, en dis nie haar baba, kosmaak vir 4 ander mense, opwas, luister na die bakleiery tussen die seuns, lewensmaat probeer kalmeer as hy wel vies raak vir die seuns of die rugby! : ) . Dit voel of almal energie uit my trek en ek kan regtig nie meer nie!!

Op die alternatiewe naweke, sien ek dit as my naweek, die baba is makliker, kry meer ondersteuning van lewensmaat, die seuns is nie daar nie - so dis 'n stil omgewing. Ek het eerlikwaar uitgesien na die komende lang naweek, dit sou 'n stil en rustige naweek gewees het, met net ek, my lewensmaat en baba. Oudste dogter gaan na vriendin toe, alles het verander na gister. Die seuns kom die naweek, oudste enetjie het geskakel en vir pa gese hy wil die naweek weer kom kuier. Al wat ek vreemd vind is, die seuns het nog nooit 'n behoefte gehad om enige 'alternatiewe' naweek na ons te kom nie. Ons het hulle sover nog elke langnaweek die jaar gehad. My opinie is dat die ma die oudste ene 'gese' het om sy pa te skakel, want sy kannie na hulle kyk nie. Sy het geweet my lewensmaat sou nie sommer ingestem het as sy geskakel het nie omdat sy die jongste ene laat doop het sonder om hom te laat weet. Is dit verkeerd om kwaad te voel daaroor?? Is ek 'n vreeslike mens?? Gister het ek gevoel asof ek 'n "time out" nodig het van alles en almal. Ek besef verhoudings moet aan gewerk word, maar somtyds sou ek eerder graag 6 hande wou he, dan kon ek na die baba kyk - belangrikste eet ook. Soos dit aangaan oor naweke wat ons die seuns het kan ek slegs eet, wanneer die baba eendag slaap, nodeloos om te se, dan is my tempratuur op, want ek het kos gemaak, almal smul lekker en dan verdwyn hulle weer. Raad asb? Ek staan met my rug teen die muur!!!

Agterossie -Wys maar hioe vrek moeilik dit kan wees , ons het gister hieroor "ge-debateer" maar nie eers by die aspek uitgekom van hoeveel moeiliker dit nog kan wees agv buite-invloede nie, die feit dat jou stiefkinders klaarblyklik negatief deur hul Ma be-invloed word. Dit maak dit soveel moeiliker as dit reeds is. Ek het gister die vorobeeld genoem van waar dit 'n man vlei as sy eie kinders ter sprake kom, en dit lyk ook of dit in jou eval 'n rol speel. Baie moeilik vir jou man -wat moontlik sy seuns net soms sien, om hul nie op daardie stadium net spesiale aandag te wil gee en te bederf nie, maar dit bly verkeerd as hy nie hul foute raaksien en hul dissiplineer nie, wat seker moeilik is vir hom, hy wil dit vir hul aangenaam maak en hul nie wegjaag nie. Moeilike een. En jy gaan jou eie (jul) kind, dis nouwel darem 'n dogtertjie, streng grootmaak soos wat dit vir jou reg is, en deur die jare gaan dit ook konflik/frustrasie/en verwarring vir haar meebring as sy sien dat daar verskillende standaarse toegepas word in die huishouding -en hopelik verstaan sy eendag, as sy heelwat ouer is en jy en sy daaroor gesels dat jy nie minder lief is vir haar nie, inteendeel. Uiteraard sal jy en jou man 'n middeweg moet vind oor al hierdie dinge en op 'n manier moet verstaan dat sy seuns aangehits word teen jou en hy sal iets moet doen daaromtrent -hy kan nie juis sy gewese vrou positief probeer be-invloed nie maar sal moet met sy seuns praat.

Ek help geensins, weet nie wat die verdere oplossing is nie, ander sal moontlik voorstel dat jul professionele raad moet kry, want julle gaan beide net die ding uit jul eie oogpunt sien.

Jong klink my jy het n erinstige breek nodig, ek weet jy het al gepraat maar jy sal hom moet laat stil sit en luister!!! Sy probleem is en ek weet ek was daar is hy voel skuldig en ma aan daai kant weet hoe om te manupileer en sy gaan dit aanhou doen tot jy jou voet neer sit en gil as dit moet genoeg!!!!! die seuns is jonk en ek weet groot maak metodes het verander van die dae van ons pa wat ons ore aan gevoeter het dis mos sielkunde voor en agter! Ek glo mos aan pakslae is soos brood en konfyt op sy tyd!!!!

Ek dink jou lewensmaat sal moet gaan sit en n besliut neem oor sy gedrag en wat hy toelaat. vir n kind is name nie net woorde of grappe nie ek het self een wat 10 is en glo my dis persoonlik!!! hy sal as gesags figuur moet intree en daai luisels fas vat!!! se hom om te skei is kom van twee kante af en hy het niks om oor skuldig te voel nie, ek weet hy mis sy seuns maar dis onaanvaarbaar om dit ten koste van jou te doen!!!! en die naweek bel vir mammie en se nee en dan se jy vir jou lewensmaat dis hier wa jy jou nommer 5 neersit dis julle naweek as hulle kom gat jy vir ma kuier want as die seuns hier is tel jy in elke gaval nie, en dan elke naweek wat hulle kom sorg jy dat jy iewers is tot hy die boodskap kry, jy behoort sy nommer 1 te wees kidies kom 2 de end van die prent. sterkte jong vasbyt en looi daai 2 stout gate een paslae van jou kant af en hulle stront en syne is dalk oor!!!!



Dis nie asof ek my oudste dogter net pak gegee het nie. Sy word 2 keer gewaarsku en as sy dit weer doen kry sy pak. Wel toe sy jonger was. Dit het wondere met ons as kinders gewerk... : )

Q, as ek hom voor 'n 'ultimatum' stel gaan ek defnitief 2de kom. Sy seuns soos ek gese het is sy wereld. Se ek vir hom die seuns moenie kom nie, op hoe mooi manier, gaan hy dit persoonlik opvat en my seker laat verstaan dat ek nie lief is vir hulle nie en my regtig kwalik neem! Catch 22 situation

Ek kan dit nie hanteer as my man planne maak met sy ex sonder om dit met my te bespreek eers nie.... Dis is nie my skuld dat hulle geskei het nie, en dit is my lewe hierdie, so hy moet my defnitief in ag neem in enige besluite wat hy maak. Ek is heeltemal ge-irriteerd elke 2de naweek as sy kind kom kuier, hy is lui, vet, ongemanierd, vet, manipileer my seun, vet, en 'n pyn. Maar nou ja, ek is met die pa getroud, en sit daarmee op, kan nie wag tot die seun 18 is nie!! Nog 5 jaar....

Baie moeilik om huis te hou met kinders wat nie jou eie is nie, vasbyt, en moet nie stilbly oor dinge wat hou pla nie

Nou 'n bietjie die stiefkind se perspektief...
Ek het met my Pa en my stiefma gaan bly toe ek omtrent 11 jaar oud was, omdat my Ma 'n alkoholis was.
Ek het alles in my vermoe gedoen om in 'n goeie lug in my stiefma se oe te wees. Ek het naskool huistoe gewikkel om die huis skoon te maak, kos te kook en agter my jonger stiefboetie te kyk, terwyl haar dogter wat omtrent twee jaar jonger as ek is, te veel skoolwerk en wat nog alles, gehad het en ek moes alles doen.Ek moes naskool kaalvoet loop, omdat ek net twee paar skoene gehad het(een vir skool en die ander vir Sondae).Haar dogter het vyf paar skoene gehad. Steeds, snags moes ek le en luister hoe sy vir my Pa vertel dat sy dogter onbeskof en lui was.Hoe ek nie 'n voorbeeld vir haar dogter is, omdat ek nooit tyd het vir my skoolwerk nie.Dat sy my Pa gaan skei as hy my nie terug stuur na my Ma nie.
Dit was so erg, dat ek nie my stiefma gehaat het nie, maar my Pa omdat hy geen anndag aan my geskenk het nie en omdat hy nie daar was vir my nie.
Ek het asgevolg weggehardloop...
The bottomline is, all adults are prepared to jump into marriages and relationships, but none have ever considered what the kids want...it is so unfair

hi daar, jong dit is moeilik ek is ook in n verhouding jou kinders/my kinders...weet nie wat om te se, dit is ek dink baie moeilik om n ander vrou se kinders te aanvaar, want elke keer as hulle kom kuier is dit "my ma se dit en my ma se dat"..en soos ek voel kan ek nie vir hulle se wat om te doen, want dit is nie my kinders nie...maar dit is MY huis en dit maak my so KWAAD..ek soek ook raad, ek weet presies hoe jy voel Agterossie. Wat kan n mens doen om dit makliker te maak. Ek het ook n doger van 8 en as my b/f met haar raas wil ek mal word,maar ek bly maar stil om die vrede te bewaar...ek is bang as sy kinders wil kom kuier.
en hoekom moet ek bang wees ek is mos mooi groot.

Agterossie; Ek hoor jy se hy luister nie na jou nie, as jy hom voor n keuse stel sal hy sy kinders kies, maar dan kom jy moes tweede en dis nie reg teenoor jou nie. 10 jaar verder gaan jy lekekr verbitterd wees oor al hierdie dinge (en hy gaan met 'n koue vrou sit!)
Jy kan nie toelaat dat hulle jou in jou huis sleg hanteer nie, en dat hy dit toelaat nie. Jy sal jou voet moet neersit en die dinge uitsorteer. Hy kan nie sy gewese vrou keer om die kinders negatief te maak teenoor jou nie, maar as hy toelaat dat hulle so teenoor jou optree, dan het hy ne respek/liefde vir jou nie, hy saal met hul moet raat/teregwys/op die regte pad kry, en jy sal daarop moet aandring, sonder dat hulle eendag terugdink na die heks wat hulle ge-erf het.



Hallo's ek het vandag 'n hele paar boodskappe op die forum gelees mbt stiefma wees en stiefkinders. Dit is ook binnekort my voorland! My aanstaande se dogtertjie is 3, amper 4, maar 'n regte bedorwe brokkie, kry haar sin in alles en regeer die wêreld bedoelende sy is baie veeleisend wat aandag aan betref. My eie twee is onderskeidelik 7 en 10 jaar oud en baie geheg aan my aanstaande, het hom ten volle aanvaar. Die probleem kom egter in wanneer die kleintjie kom kuier, ek is baie geheg aan haar en sy ook aan my en my twee kinders, maar ai, die onregverdigheid as dit by kinder kattekwaad kom en stories aandra, soos ek sê haar pappa bederf haar tot in die afgrond en wanneer hierdie kinder bakleiery inkom, maak nie saak wie skuldig is nie, sy kom altyd die beste daarvan af en my twee moet maar die spit afbyt. Dieselfde geld by disiplinne in die huis, alle reëls geld vir my twee, maar kleintjie kan maak en breek soos sy wil - dis mos nie regverdig nie? Dit skep 'n ongemaklike situasie tussen my en my kinders want hulle wil altyd weet hoekom mag die kleintjie dit doen en hulle nie ens. ens. Hoe hanteer ek die situasie, is 3 regtig nog te klein of is dit net 'n manier van die pa om disiplinne te omseil? Pa voel in haar ma se huis is daar nie reëls en riglyne nie en hoe kan hy dit elke naweek vir haar leer en toepas as dit gedurende die week nie deur die ma gedoen word nie. Ek voel reëls is 'n mate van sekuriteit soos bv. eet aan tafel, moenie in die huis hardloop of met 'n bal speel nie, 8 uur is bedtyd, kamer is aan die kant voor jy gaan slaap,moenie in die huis skreeu en gil nie, sulke tipe goed.... en as jy kattekwaad aangejaag het word 'n toepaslike straf uitgedink soos bv. as jy op die mure teken, jy maak dit skoon, as jy mors - jy maak dit skoon. RAAD SEBLIEF!!!

Dit bly 'n groot probleem as beide 'volwassenes' nie metmekaar kommunikeer en saamstem dat huisreels vir alle bewoners moet geld nie, ook die wat net naweke daar is. Verstaanbaar dat jou aanstaande se hart sag is en haar eerder wil bederf in die rukkies wat sy by julle is, maar dis nonsens dat hy haar voortrek/anders wil hanteer as die ander. Maar dis die groot probleem wat ek oorspronklik ook maar wou aanspreek, bitter min mense kan objektief wees as hul eie bloedkinders en stiefkinders ter sprake is, jy gaan altyd jou eie voortrek en beskerm. En al probeer hy objektief wees, is hy sekerlik bang sy sien nie meer uit om te kom kuier as dit nie meer 'lekker' is by julle nie. Sterkte vir jou, sy gaan nog vir die volgende 15 na 18 jaar die lewe vir jou onaangenaam maak. (Lulu gaan nou-Maandag altans- weer met my raas en vertel hoe liefde, geduld en verdraagsaamheid die probleempies oorwin)

Reply to Ander Johan
Posted by: Ander Johan | 2004/11/12

Ag, hoe bly is ek, ek het uit so 'n situasie geklim jaaaarrrrre gelede!!

MC: Ons het so 'n ruk gelede baie oor hierdie onderwerp geskryf en gestry en baklei, ek weet nie watse search jy moet doen om dit te kry nie, gooi die naam Lulu in en een van die postings wat opduik van seker twee maande gelede sal dit wees.

Sterkte!!

Reply to Ander Johan
Posted by: Jiffy | 2004/11/12

Dis nie 'n lekker situasie hierdie waarin jy jou bevind nie, maar in ons moderne samelewing (my kinders en jou kinders en ons kinders) is dit iets waarmee die meeste van ons al te doen gehad het. Ek het min of meer dieselfde probleem gehad en dit as volg hanteer (sê nie dit sal vir jou werk nie, maar dalk die moeite werd om te probeer):

Ek het vir my seun (hy was toe 8) verduidelik dat hy elke dag van die week by ons is en elke dag al die lekker dinge in en om ons huis kan geniet. Nuwe sussie (toe 5) is nie so gelukkig nie, sy moet elke dag in 'n woonstel bly waar daar nie soveel lekker dinge is om te doen nie. Ek het gevra dat hy, omdat hy die oudste is en boonop 'n "man", van Vrydagmiddag tot Sondagaand sy bes doen om 'n "gentleman" te wees, en haar toelaat om met sy goed te speel. Dit was nie altyd vir hom maklik nie, maar hy het regtig hard probeer. Daar was steeds struweling en misverstande, maar dit het met tyd al makliker geraak.

Nog iets wat baie gehelp het - sy oupa het vir hom 'n play station vir sy verjaardag gegee. Hy het vir sussie verduidelik dat dit sy nuwe goed is en dat hy baie jammer is daarvoor, en dat sy eers mag saamspeel as sy ouer is. Ons het hom toegelaat om oor naweke daarmee in sy kamer te speel en vir sussie gesê dis sy "alleen tyd" want hy is al groot, as sy groot is mag sy ook "alleen tyd" kry om met haar eie speelgoed te speel.

Ek dink die groot geheim is om nie die natuurlike jaloesie tussen die kinders verder aan te wakker nie. Laat hulle liewer voel dat elkeen van hulle op 'n manier verantwoordelik is vir hoe lekker of sleg die ander se naweek gaan wees.

Sterkte, ek hoop dinge werk uit vir julle!

Reply to Jiffy
Posted by: Shaun | 2004/11/12

Hi MC,

Glad you recognise the relationship between a father & daughter. It's surprising that when I talk to guys, they almost always want a son, but funnily, I tend towards having a daughter. It's not fair I know, but I dunno, just can't help it!!!
Anyway, you don't say whether your kids are girls or boys? I would say that you do as your nickname suggests (Master of Ceremonies), & take control. It is most definitely not fair to your kids.
Let me just share with you a bit: I have my kids for weekends too, & if there is a chance that one of their cousins stay over as well, especially the one who you cannot control as he seems to think his boss... I speak to my kids before he gets there. I explain to them that although it may seem like I'm being "easy" on their cousin, I hope they realise that it is coz I don't feel right if I must reprimand somebody else's kid. I try make them understand that they mean more to me & it is up to his parents to teach him appropriate behaviour.
This may seem like a lot for a kid to take in, but you'll be quite surprised at their understanding. The main thing is that my kids always know that they are whats important to me, & not anyone else!!!

Again I will say it is not fair to your kids MC. Maybe you can sit down with her Dad, state your position, then have a heart-to-heart with his daughter. Try to state without any uncertainty what you will & won't put up with, & also state quite calmly what the repercussions of her disobedience/transgressions.

Don't forget to let her know that you do care for her, & you are doing this because you care. I also feel you are quite right in saying that when kids are together they should always be treated equally.

Just my 2 cents, hope it helps a bit. I think she's quite the spoilt brat though, but from the Dad's side, I can understand his putting up with her & letting her have her way. I think I would have probably been the same.

Regards,
Shaun

Reply to Shaun
Posted by: Johan | 2004/11/12

MC,
Ek kan vir jou se dat ek suksesvol daardeur is maar het die letsels om daarvoor the wys. Eerstens moet jy nooit oor n ons / hulle ding praat nie, ek sal later se hoekom. Hy wil baie graag he sy dogtertjie moet daarvan hou om na hom toe te kom so erg dat desipliene by die venster uit is, maar nie vir lank nie.

Hy weet hy laat haar met baie weg kom maar hy will die situasie so maklik as moontlik maak om haar the laat insluit by die nuwe familie eenheid wat julle nou het. hy wil he sy moet nie uitgesluit wees of voel nie. Verder dit is baie moeilik om met n 3 jarige te redeneer en te wil he sy moet reageer soos jou ouer kinders. Dit is altyd makliker om vir hulle te se om haar net haar sin te gee net vir die onthalwe om geen konflik te veroorsaak nie. Daar is baie goed waarvoor hy uitkyk om haar te beskerm soos jou kinders is ouer, hulle is 2 ens. Aan die disipliene kant, ek weet dit is moeilik maar laat hy dit doen, maak die verantwoordelikheid syne. Sy het n ma en jy het jou hande vol klaar met 2 kinders so wees die pret een n bietjie maar ook so dat jou kinders die afgeskeep voel nie. Op die ouderdom kyk geskeide our gewwonlik teveel uit vir hulle kinders se gevoelens so dat hulle bederf voorkom maar soos ek se nie vir lank nie, selfs dit kom tot n einde.

Onhou hoe meer konflik in die lug is hoe meer gaan hy homself by haar skaar en hoe meer konflik veroorsaak dit so erg dat jy sug van veligting as sy huis toe gaan. Kruis die brug van disipliene later as sy beter ingesluit het en jy/jou kinders meer gewoont is aan haar.
Om daarteen te veg gaan niks as stront veroorsaak nie.

Wat hy doen is nie noodwendig reg nie maar die situasie is tydelik (2 jaar) Dink daaraan as hoe jy jou kind pamper as hulle hulle mangels laat uithaal. Jy bederf maar net tydelik. Hoe meer blootstelling julle het en kry hoe makliker word dit.

Dis amper snaaks om te dink dat jy geen disipliene moet toepas om die weg te baan vir disipliene.
Sterkte en praat weer later

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement