advertisement
Question
Posted by: ????? | 2005/11/30

KINDERHUIS KORT KONTANT

> KINDERHUIS KORT KONTANT ...
>
>
> 'n Noodkreet van die Abraham Kriel Maria Kloppers Kinderhuis
>
>
> Na 'n naweek tuis kom 'n 14-jarige kinderhuiskind verlede week by haar
> maatskaplike werker aan. Haar twee boeties, sê sy, kan nie langer by hulle
> ma bly nie. Daar is nie kos nie, hulle gaan nie skool nie en die jongste
> is
> vol bloukolle. Kan hulle ook kinderhuis toe kom? Die maatskaplike werker
> is
> in 'n dilemma. Sy tree in verbinding met 'n buite-organisasie om die saak
> te ondersoek. Maar kan die kinderhuis nou verantwoordelikheid neem vir nog
> twee kinders?
>
>
> Hoekom huiwer die maatskaplike werker?
>
>
> 1. Sedert September 2004 is die kinderhuis in 'n -|- antvloeikrisis:
>
>
> 2. Kinders wat opgeneem word is toenemend getraumatiseerd en het duur
> spesialisdienste nodig.
>
>
> 3. Arbeidswetgewing vereis dat werksure ingeperk word.
>
>
> 4. Vervoer word al hoe duurder weens 'n ou voertuigvloot, styging in
> brandstofpryse en die wyer verspreiding van skole namate kinders se
> spesialiteitsbehoeftes groei en omgewings waar ons werk agteruitgaan.
> Dieselfde tendens geld vir onderwys- en munisipale kostes.
>
>
> Staatbydraes het in 12 jaar 2 keer verhoog, en dek deesdae minder as 'n
> derde van die koste per kind.
>
>
> Nadat ons die vorige boekjaar met 'n tekort van R2.1 miljoen afgesluit
> het,
> is die tekort as volg bestuur:
>
>
> 1. Die reeds beperkte kosbegroting is met 2% gesny.
>
>
> 2. Vakatures en noodsaaklike nuwe poste is gevries.
>
>
> 3. Noodsaaklike kapitaalprojekte is gevries.
>
>
> 4. Salarisverhogings en bonusse aan personeel is gevries.
>
>
> Ons erken met dank die wonderlike bydraes wat ons huidige donateurs maak.
> Die kinderhuis het egter nou betekenisvolle hulp nodig uit meer oorde. Die
> bestuur is besig met 'n noodplan wat kan lei tot radikale afskaling van
> dienste. Die kanse dat 'n hartseer tiener se boeties uit slegte
> omstandighede verwyder sal word, verskraal by die dag.
>
>
> Geen enkele persoon kan die finansiële krisis bylê nie, maar as baie mense
> net 'n bietjie help, kan dit die krisis help ontlont. Wil u nie oorweeg om
> die koste van 1 keer se fliek of 1 keer se uiteet van 'n gesin aan die
> kinderhuis te skenk nie? Dit sal beslis 'n reuse verskil aan 'n kind se
> lewe maak.
>
>
> Die bankbesonderhede is as volg:
>
>
> Rekeninghouer: AKMK Kinderhuis
>
>
> Bank: ABSA
>
>
> Rekeningnommer: 140941336

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Zettie | 2005/11/30

Hi

Ek sal voorstel dat jy jou noodkreet stuur aan 94.7. Hulle is besig met hulle jaarlikse wish list en dalk sal hulle julle kan help. Hulle doen wonderlike goed vir mense in nood en ek is seker hulle sal probeer waar hulle kan.

Ek het hierdie boodskap aan hulle gestuur en vra almal wat wil om dit ook te doen. Die email adres is wishathighvelddotcodotza.

Sterkte
Z

Reply to Zettie
Posted by: NLM | 2005/11/30

Sjoe, wat n nagmerrie. Die ergste is dat daar maar baie min mense is wat sal kan help en die groot rede hiervoor is dat die meeste mense op hierdie oomblik maar onder die broodlyn lewe.

Daar is soveel mense wat hulle werk verloor het a g v regstellende aksie en die gevolge van die BEE dat ek wonder, en wil nie pessimisties wees nie, of daar enige iemand op hierdie forum is wat sal kan help.

Die regering erken uiteindelik dat die regstellende aksies wat in die stadsrade gebeur het, n groot fout was en dat munisipale dienste maar in n gemors is, maar waar is al die geleerdes wat weg is ??? Ek weet van baie wat ge-emigreer het.

EN

Emigrasie vind nog daagliks plaas. Die jong mense gaan bykans almal Europa toe as hulle klaar geswot het.

Reply to NLM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement