advertisement
Question
Posted by: Tania | 2004/01/20

Kind weier om skool toe te gaan en raak histeries

Ek is 'n ma van 'n 3 en 'n half jarige seuntjie en van 'n vier maande oue baba. Vanaf Februarie laasjaar weier my drie jarige om na sy kleuterskool te gaan. Dit het net skielik een more begin en van daar af was dit taboe. Ek het besluit om met die juffrou te praat, maar sy het kort daarna bedank en 'n nuwe juffrou het oorgeneem en sy kon nie veel van verdere hulp wees nie. Sy uitbarsting het so erg geraak, dat ek moes ophou werk en hom by die huis hou. Vir die eerste paar maande kon ek nie eers badkamer toe gaan sonder dat hy my agtervolg en aan my vasgeklou het nie. Dit het later heeltemal weggegaan dat ons nou op so 'n stadium gekom het dat ek hom by my huishulp kon los as ek gou erens moes heengaan. Hy is eintlik 'n liewe kind en is vreeslik lief vir sy baba boetie en ek sien ook geen tekens van jaloesie nie.
Ek het hierdie jaar besluit om weer stadigaan vanaf die huis te werk en my seun weer na 'n nuwe speelgroepie te stuur naby aan die huis. Ek het reeds verlede jaar begin om saam met hom te gaan vir kort rukkies en hom gewoond te maak aan die omgewing.
Vanmore sou sy eerste groot dag wees....en toe ek sy goedjies inpak, het hy weereens net histeries geraak, my begin gooi met goed en my begin slaan.
Ek voel so hulpeloos en raad-op!
Wat staan my te doen? Ek het hom toe nie geneem nie, want ek wil op hierdie stadium nie die vertroue skade aan doen nie.
Kon daar dalk iets so sleg gebeur het by die vorige kleuterskool?
Ek soek asseblief raad!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Dear Tania,
Seeing a child psychologist could be a very good idea, to get a rapid assesment of what's happening ( she/he could also be able to talk with your child and get information maybe you wouldn't ). Maybe something did go wrong under the care of the previous teacher ( one wonders why she resigned ). At various times, for reasons not always understood, at such ages ( and some others ) a child develops what is called Separation Anxiety, in which they suddenly get very anxious about being separated from their Mom, wherever they're going. IS he happy to be left with ANYONE, for instance, his Ouma, or does he react this way whenever he's due to be away from you ?
Also, as jennie reminds us, an unrelated problem can present itself in this way. A child can for various reasons have problems about using the toilet at all, ( or doing so may be uncomfortable ) --- and rejects any possibility of needing to use a strange one he doesn't kno.
Seeing a child psychiatrist / child psychologist soon is worthwhile, before this problem becomes too much of a habit with him, as it'll then get harder to relieve.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/02/10

Ons het ook 'n probleem met ons kleindogter van 4 en 'n half. Skielik wil sy gladnie kleuterskool toe gaan nie.(dieselfde kleuterskool waar sy verlede jaar vir ongeveer 2 maande was). Sy huil sodra haar oë soggens oopgaan tot ons haar aflaai. Haar juffrou erken dat sy baie streng is. Sy kla ook dat die maatjies nie met haar wil speel nie, maar sy lyk vir my amper verbouereerd oor die skooltoe gaan idee. Help asb?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/09/12

My dogertjie is sewe en doen goed op skool... eintlik baie goed en daarom is dit vir my snaaks dat sy nou ewe skielik nie wil skool toe gaan nie.

Reply to Anonymous
Posted by: Tania | 2004/01/21

Baie dankie vir al die raad en ondersteuning.....ek is so bly daar is nog mense in die wereld wat omgee.
Ek hou julle op hoogte
Baie dankie en lekker dag
Vriendelike groete uit Namibia

Reply to Tania
Posted by: Gucci | 2004/01/20

Hi Tania !

Ek het so 'n paar maande terug deur dieselfde storie gegaan. Ek het ook vir CS raad gevra, en hy het my aangeraai om hom na 'n kindersielkundige te neem. Ek het sy raad gevolg, die uitslag was dat daar definitief trauma was. Die sielkundige het ons aangeraai om hom tot Junie hierdie jaar eerder by my skoonma te hou. Sy se op hierdie ouderdom het hulle net een keer 'n week sosiale interaksie met kinders van hul eie ouderdom nodig (Hy is nou 4). Wel, hy is nou 'n paar maande by my skoonma en die verskil is merkwaardig. Hy is weer spontaan en gelukkig en praat selfs weer daarvan om na 'n ander skool te gaan. Ek dink hy raak seker verveeld by die huis. Stadig maar seker begin hy ons ook vertel wat by die skool gebeur het, waar hy eers nie daaroor wou praat nie.

So, my raad aan jou is vat hom na die sielkundige toe. Somtyds is ons te gou om te dink dit is net nukke en grille.

Hou ons asseblief op hoogte !

Groete,

Gucci

Reply to Gucci
Posted by: JENNIE | 2004/01/20

Ek was in 'n soort gelyke situasie met my seuntjie toe hy ook 3 was. Op 'n dag het ek onverwags by die Kleuterskool aangekom en sy was broekie was vol van nr2 en ander goed wat my laat verstaan het hoekom hy so aangegaan het. Ek het hom onmiddellik uitgehaal en na 'n ruk na 'n ander een gevat. Dit het nie goed gegaan vir so 4 mnde (hy't aan my geklou as ek hom aflaai en histeries gehuil). Ons het toe 'n ruk later uitgevind hy was bang vir die toliet en alles te danke aan die vorige kleuterskool. Hy is nou in Gr 2 en is 'n baie gelukkige seuntjie.

Miskien het iets ook met hom gebeur by die vorige skool en hy is nog steeds bang.

Reply to JENNIE
Posted by: lady nina | 2004/01/20

hello daar

jou seun is bevooreg om jou as ma te he en die opoffering wat jy gemaak het was wonderlik

dalk het daar iets by die vorge skooltjie gebeur, wie weet ?
neem hom dalk vir a paar sessies na a kinder sielkundige

hoe graag jy wil kan jy nie jou kind beskerm vir altyd nie en om in te gee elke keer as jy a vloermoer gooi is nie reg nie, hy weet hy kan sy sin kry want jy kry hom jammer...

gaan gesels met die nuwe juffrou en vertel haar die storie en vertrou haar om jou kind die liefde en disipline te gee wat hy nodig het

ek weet dis swaar maar dis a lessie wat hy moet leer, gelukkig is jy daar om hom te help

mooi bly

nina

Reply to lady nina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement