advertisement
Question
Posted by: Mamma | 2003/02/27

Kind wat bed natmaak

Ek is moedeloos. My 4-jarige dogtertjie het skielik van Desember af begin bednatmaak. Sy is oor die algemeen baie roetinegebonde en sodra sy uit haar roetine uit was, het sy vir ± 'n week haar bedjie natgemaak. Dit het egter altyd weer gestop. Nou is dit sedert Desember byna elke nag en ek het regtig al alles probeer. Ek het al met haar kleuterskoolonderwyseres gepraat om te kyk of daar nie iets by die skooltjie is wat dalk sielkundig op haar werk nie, en daar is niks wat ons kon agterkom nie. Sy is oor die algemeen 'n baie gelukkige en vrolike kind en praat oor dinge wat haar pla. Ek gee nie vir haar drinkgoed na 6 in die aand nie; ek neem haar toilet toe voordat ek gaan slaap; ek maak geen "issue" daarvan, sodat sy voel dis haar skuld nie; ek het al die kaart probeer waarop ons 'n plakker sit vir elke dag wat die bedjie droog is ter aanmoediging. Ek koop elke keer vir haar 'n klein geskenkie as beloning wanneer die bed droog is, maar niks help nie. Ek weet werklik nie meer wat om te probeer nie! Syself is so teleurgesteld elke oggend en ek dink net die idee van die nat bedjie werk meer sielkundig op haar in as enige ander faktor! Ek kry my kind baie jammer. Dokters sê dis normaal as 'n kind tot op 6/7 jaar bed natmaak en hulle sal eers medies daarna kyk wanneer sy daardie ouderdom is. Ek aanvaar dit, maar ek voel net, hoe gebeur dit dat sy meer as 'n jaar droog slaap en dan skielik weer begin? Ek sal enige raad waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mamma, ek dink die eerste ding wat jy moet doen is om haar uriene te laat toets. Dit mag wees dat sy net ‘n infeksie het en dat al wat sy nodig het ‘n antibiotika is. Ek het ‘n ruk terug iets oor bednatmaak (enurese) geskryf en as jy my e-pos by CyberDoc@mweb.co.za sal ek vir jou ‘n kopie stuur. Lees dit en laat my weet as jy nog vrae het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: vrystaatjapie | 2003/02/28

Hi! Ek kan nie jou n rede gee so uit die vuis nie, maar ek kan jou net se dat iets haar wel pla en julle sal moet uitvind wat dit is voor dit te laat is (kyk by wie sy gaan kuier, wie haar maatjies is, hoe hanteer die onderwysers en is sy bang vir enige familielid).

Het julle al sielkundiges probeer?? n Kindersielkundige werk uitstekend met kinders. "Success rate very good" met kindersielkundiges.

Hoop jy ontdek die probleem gou.

Reply to vrystaatjapie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement