advertisement
Question
Posted by: Ma | 2008/07/24

Kind Rugpyn

Naand Doc.

My 7 jarige dogtertjie kla oor rugpyn. Dit is omtrent nou al so 2 dae. Pyn is in die middel van die rug.
Sy neem perdry lesse,spring baie op die springmat, verder geen ander aktiwiteite.
Wat kan dit wees?Dalk net n spier seer gemaak? En is daar enige rede tot kommer?
My vriendin se dis nie normaal om as kind rugpyn te kry nie....Is dit waar?

Dankie vir die hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ma
Rugpyn in 'n kind het baie keer 'n meer ernstige oorsaak as rugpyn in volwassenes. Mens moet veral uitkyk vir die "rooi ligte": koors, gewigsverlies, swakheid of dooie gevoel, kan nie reg loop nie, pyn sprei in bene af, blaas probleme of opelyf probleme, pyn wat die kind snags wakker maak.
As die pyn langer as 2-3 dae aanhou moet sy asb dokter toe gaan, sy moet ondersoek word, uriene getoets word en x/strale en bloedtoetse gedoen word as die dokter dink dit is nodig.
Dalk is dit net spierpyn maar wees eerder versigtig!
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement