advertisement
Question
Posted by: Sara | 2004/02/23

Keuse om te maak. Help asb!!!!

Ek en my man het al 2 jaar huweliksprobleme.Ek het ook uitgevind dat hy bi-seksuele neigings het. So 7 maande gelede toe dit erg tussen ons gegaan het het my swaer my bygestaan. Ons het intussen baie lief geword vir mekaar en het `n verhouding begin.Ons albei weet dat daar baie komplikasies sal wees maar tog kan ons nie die verhouding beeindig nie.Ek het vertroue in my man verloor en sal hom nooit weer so lief he soos wat ek was nie. Daar is `n patroon in ons huwelik, dit gaan goed vir 3/4 weke en dan weer slegs vir 6 weke en so gaan dit aan vir 2 jaar. Ons het `n huweliksberader genader maar ek weet nie of ek belangstel om weer te probeer nie. Hy het al soveel kanse gehad.Hy praat lelik met my, het my al voor my en sy ouers uit die huis gejaag en verneder my voor ander mense.Ons het 1 kind van 3.Ek en my swaer sien mekaar min maar hou gereeld kontak met mekaar.As daar `n maklike uitweg was sou ek graag my lewe saam met my swaer wou deel, maar is daar `n maklike uitweg?Help asb want dit is besig om my op te vreet want ek weet nie meer watter kant toe nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Sara, I can't help feeling that you are focussing on the relationship with your "swaer" and are looking for excuses to give up on the relationship with your husband, including your loss of interest in marriage counselling. You know that this other relationship is wrong, and I must disagree whenever someone says "we COULD NOT end the elatonship", because that is absolutely never ever true. YOu did not end it, yes, you did not want to end it --- yes ; you chose not to end it --- yes. But you COULD.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Elle | 2004/02/23

Sara, ek verstaan so goed van weet nie meer watter kant toe nie en inderdaad is daar geen maklike uitweg nie, soos jy self se, as daar maar was ... Om in daardie bootjie te vaar is nie grappies nie. Die "regte" ding seker om te doen is om vir jou man te se dat jy eenvoudig nie meer so kan lewe nie. Hy het eerstens ook 'n verantwoordeliklheid teenoor jou, al het hy self probleme (wat duidelik is). Soos dit klink is/was jy heel ondersteunend en selfs bereidwillig om die minste te wees ten koste van jouself. Maar ek weet ook dat hy (soos ons almal maar) vasgevang word in sy eie omstandighede dat dit naderhand vir hom bitter moeilik is om te sien dat hy jou bewustelik/onbewustelik wegdryf van hom af. Om vertroue in iemand te verloor is 'n proses en om weer daardie vertroue op te bou is 'n selfs langer en moeiliker proses. Dit klink of jy aan die einde van jou proses gekom het. Probeer nietemin met hom praat daaroor, probeer ook berading al is dit nie wat jy werklik wil doen nie, maar doen dit vir jou eie onthalwe sodat jy ontslae kan raak van jou eie gevoelens en om 'n beter perspektief op die probleem te kry - maak dan jou besluite. Ek verstaan ook hoe moeilik dit is om te oorweeg om die verhouding met jou swaer te verbreek - hy gee jou op hierdie stadium die ondersteuning en natuurlik het julle hierdeur gevoelens vir mekaar ontwikkel. En dis 'n bittere eensame plek om alleen te wees met jou bekommernis en gevoelens. Weet net, jy word nie "ge-judge" nie. 'n Saak het altyd meer as een kant en al voel dit so, is jy nie alleen hierin nie. Sterkte vir jou.

Reply to Elle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement