advertisement
Question
Posted by: Bronwen | 2005/12/12

Keel

Die afgelope jaar en half sukkel ek met my keel. Elke keer wanneer ek sluk voel dit soos kraakbeen wat op en af beweeg. Dit is geweldig irriterend. Ek was by die spesialis en hy het 'n endoskopie gedoen. Hy kon sien dat ek swelling het aan die eenkant en 'n erge nasale drup. Hy het antibiotika en kortisoon voorgeskryf (Ketek) wat nie gehelp het nie. Ek het na die huisdokter gegaan en hy het gesê dat ek 'n allergie het en weer vir my kortisoonpille (prednizone) en neussproei (Nasacort) voorgeskryf. Dit help nie!!!! Ek staan elke oggend met 'n dik kop op en soms met geswelde oë en het permanent 'n nasale drup. Ek nies nie so baie nie, maar my ore juk geweldig baie. Wanneer die wind erg waai, dan voel dit erger. Wat kan ek daarvoor gebruik of is dit iets ernstig?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste Bronwen,
Jy het defnitief 'n allergie wat buite beheer is. Ek sou dink dat jy moet antihistamiene, miskien 'n leukotriene antagonis en kortisoon neussproei moet gebruik op 'n redelike gereelde basis. Miskien is dit nodig dat jy getoets word vir die allergie en voorkomende inentings moet kry vir die oorsaak. Ek stel voor dat jy terug gaan na die Oor neus en keel spesialis ( of 'n tweede opinie kry ). So 'n Allergie is nogal moeilik om te behandel en dit neem nogal heelwat moeite van die pasient se kant om al die pille en spuite gereeld te gebruik maar as jy eers gekontroleerd is, is dit minder moeite om dit so te hou. Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement