advertisement
Question
Posted by: marico | 2010/06/29

KARDIO MIOPATIE, GASTRITIS (re 1563)

Verwys na vorige skrywe 1563.

Dankie vir u antwoord. Ek het hom teruggeneem na huisdokter en gevra na die moontlikheid van verkorte mesenteriele arterie. Hy se dat daar nie tekens van die sindroom op die grastroskopie aangetoon is, wel nodulere gastritis.

Sy kaliumvlak is ''n goeie 5 en dr het aanbeveel dat hy lasix verminder na 20mg pd en die slowK staak. Sy yster is steeds laag. Hy is steeds op Replace. In die afgelope maand was die vaste kos wat hy geneem het (ongeveer) gelykstaande aan 3 borde kos. Hy is bang vir kos, omdat dit onverteerd uitgebraak word en pyn veroorsaak.

Ek kom agter dat uitputting ook naarheid en braking veroorsaak - selfs wanneer daar niks in sy maag is.

Ten spyte van sy ongemak, bly hy dapper en kla min.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Jy het nou laas met Dr Anrich gepraat. Wat ek graag sal wil byvoeg is dat mens dalk 'n dieetkundige moet sien om te kyk of die Replace wel vir hom genoeg kaloriee per dag verskaf. Andersins moet mens dit aanvul met iets soos Lucozade tussenin. As hy sleg eet moet jy dalk maar vir hom 'n vitamien aanvulling gee - ek stel voor eerder 'n kinderstropie as 'n pil, wat dalk sy maag sal irriteer. Pasop net want goed wat yster bevat kan hom dalk meer naar maak. Mense met hartversaking het baie keer swelling (edeem) van die maag wat hulle ook 'n "vol" gevoel gee en eetlus onderdruk. As hy nie te bang is vir inspuitings nie, is yster inspuitings elke nou en dan dalk 'n oplossing vir sy kroniese ystertekort.
Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/30

Hallo Marico
Jy het nou laas met Dr Anrich gepraat. Wat ek graag sal wil byvoeg is dat mens dalk 'n dieetkundige moet sien om te kyk of die Replace wel vir hom genoeg kaloriee per dag verskaf. Andersins moet mens dit aanvul met iets soos Lucozade tussenin. As hy sleg eet moet jy dalk maar vir hom 'n vitamien aanvulling gee - ek stel voor eerder 'n kinderstropie as 'n pil, wat dalk sy maag sal irriteer. Pasop net want goed wat yster bevat kan hom dalk meer naar maak. Mense met hartversaking het baie keer swelling (edeem) van die maag wat hulle ook 'n "vol" gevoel gee en eetlus onderdruk. As hy nie te bang is vir inspuitings nie, is yster inspuitings elke nou en dan dalk 'n oplossing vir sy kroniese ystertekort.
Sterkte
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement