advertisement
Question
Posted by: BLOM | 2007/08/17

kanker

Ek is net nuuskierig, sê nou maar net 'n mens het blaas of een of ander vorm van kanker in die baarmoeder en die dokter doen nie genoeg toetse om verder ondersoek in te stel nie en gee slegs medikasie vir blaasinfeksie en nierinfeksie, sal die pynlike simptome tydelik weg terwyl jy op die medikasie is, of sal dit bly?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Geagte Blom

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Blaas en/of uterine kanker is nie simptomaties nie, behalwe in die gevorderde stadium waar daar pyn ondervind word, as gevolg van drukking op omliggende organe en pyn as gevolg van metastasis na ander dele van die liggaam. Om blaas kanker uit te skakel, stel ek voor dat 'n sonar van die blaas gedoen word, sowel as 'n sistoskopie van die blaas. Om uterine kanker uit te skakel, moet 'n sonar van die uterus gedoen word, asook 'n histeroskopie van die uterus.

Die medikasie wat voorgeskryf word sal slegs die simptome van die blaasontsteking verlig en indien dit kanker is, sal die pyn blywend wees.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annoniem van TBZ | 2014/11/16

Hoe werk dit as die Dr bevind het jy het blaas kanker en dit is agressief Gr 4 en dit het na die longe versprei en hulle gaan die blaas verwyder, in leke taal, verduidelik asseblief sodat ons as familie kan weet wat om te verwag asb. Baie dankie.

Reply to Annoniem van TBZ
Posted by: Sonette | 2007/11/13

Wat is die simptome van baarmoeder kanker.

Reply to Sonette

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement