advertisement
Question
Posted by: Champagne. | 2007/05/31

Kan sinus jou siek maak?

Ja dok. Dis weer ek. Ek wonder of sinusse mens kan siek maak? Jy weet, die soort wat daar baie van is, en dis taai. Ek hoes myself 03:00 die oggend wakker en kan nie weer slaap nie. Dis nou al 3 oggende straight. En my maag werk aan en af en ek't hoofpyn en my eetlus is solidly geblus. Drie hoera's daarvoor.

Die uitslag op my nek is ook 'dormant' en sit dag na dag daar en demand so elke nou en dan 'n krappie. Ek het al gordelroos gehad. Ek was 23 en het dit op my regterboud drie jaar namekaar gekry. Mooi netjies met die begin van die herfs seisoen. Ek dink nie dis dit nie. Ek het ook op 'n stadium (ek dink ook drie jaar namekaar) malaria aanvalle gekry. Ek was baie siek vir eek aand en nag, en die volgende dag was ek weer volledig terug na normaal. Ek het vir die laaste +- 5 jaar nie weer genoemdes gehad nie. Wat se die statistieke daarvan? Gaan ek weer daarmee sukkel op 'n stadium?

Ek is moeg, ek is gedemotiveerd en ek voek regtig kakka. Ek's half jammer om jou dok so te pla, maar ek het iemand nodig om mee te gesels nie net oor my fisiese *** nie, maar ek is nogal gestres oor die 21ste. Dis maar al.

Lekker aand dok. xxx

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Champagne
Ja jong, sinusse kan mens vrek siek maak. Kry vir jou iets soos Benylin decongestant hoesstroop om die slym los te kry. Snuif sommer soutwater ook om die sinusse te spoel ( 1k water en 1/2 tl sout - moet soos trane proe)
Ek dink nie jy sal sommer weer die malaria of gordelroos kry tensy jou gestel baie af is, of jy weer geinfekteer word nie. Die uitslag is dan waarskynlik 'n tipe ekseem van die droee winters-lug. Hoe gaan dit met die kolle op die bene?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lala | 2007/05/31

Haai Champagne

Ek sukkel ook met sinus, en dit veroorsaak dat ek bronchitis kry....

Reply to Lala

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement