advertisement
Question
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/27

Kan ek swanger wees?

Hi

Kan iemand my raad gee.Ek was gewoontlik 28 siklus toe ek op die pil was.Ek is nou 6 maande van die pil af en my siklusse is omtrent elke maand verskillend.Dit was die afgelope 5 maande soos volg: 23 dae,28 dae, 30 dae, 26 dae en laas maand 32 dae.Ek is nou by 31 dae en het nog nie my ‘periods’ gekry nie. Ek wil so graag toets,maar is bang dit begin weer op dag 32 soos verlede maand.Kan ek dalk swanger wees-ek wens ek is??Dink julle ek moet toets.Hou asb duime vir my – en stuur skietgebedjie vir my asb!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

It is possible that you are pregnant but it may just be a 32 day cycle. Wait a few days longer.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

15
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/01/21

Goeie middag, ek hoop u kan my help ek het die 23 tot 25 desember 2015 het ek my periods gekry maar januarie het ek nog nooit my period gekry nie, kan ek dalk pregnant wees omdat dit nou al reeds die 4 week van die maand is, ek skip nooit my periods nie .

Reply to Anonymous
Posted by: j4j | 2014/10/09

hi almal ek het raak nodig. ek is al amper 3 weke laat met my menstruasie. ek was nog nooit laat of n maand geskip nie. ek het begin simtome wys van my menstruasie soos seer borste, lae klampe.maar nog niks maar het ook so milk,wit afskeiding gekry (is dit normal?) en nou even begin naar raak met tyd maar gaan weg, bly nie lank nie. my borste is nog seer maar nie so erg nie net meer sensitief as normal. ek het nog nie n tuis toets gedoen nie ek so bang vir negatief want ons will graag met n gesin begin. my vraag is wat is my kans om negatief te wees? En as ek negatief is hoekom die simtome?

Reply to j4j
Posted by: charlene | 2014/05/12

Hi my mensterasie is altyd op tyd laas maand was ek 3dae laat en die maand 5 dae het a toets gedoen maar wys negetief kan ek dalk swanger wees

Reply to charlene
Posted by: miss m | 2013/08/26

Hey x wil net wiet of x dalk swanger kaan wies.....x ht nu al 2de maande gskiep ma voel normal als isi selfde as te vore nt my sieknes wt vi 2maande weg is...x stress bje wnt wili nu al swanger wiesi deu my omstandighede kan dt dalk nt my hormone is of wt?

Reply to miss m
Posted by: Anonymous | 2013/08/22

Hi almal ek en my verlofde probeer nou al

Reply to Anonymous
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/28

Vandag is ek by dag 32 en het nog geen periods nie.Ek het wel 'n bruin afskeiding,maar dis baie min.Is dit my periods wat begin?Die gewag maak my mal.Wens ek is swanger.

Reply to Skietgebedjie
Posted by: B | 2007/11/27

My simptome was net 'n laat menstruasie en ongelooglike seer borste.
Sterkte

Reply to B
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/27

Ek het gedink ek is die enigste een wat elke maand 'n toets doen;-> Wat was jou simtome voor jy uitgevind het dat jy swanger is?Het jy glad nie jou 'periods' gekry nie...ook nie spotting nie?

Reply to Skietgebedjie
Posted by: B | 2007/11/27

Ek persoonlik dink nie een glasie wyn per geleentheid is verkeerd nie. Maar ek dink dit hang als af van hoe jou liggaam daarop reageer.
Ek weet hoe jy voel. Ek het probeer van laas jaar Nov af. Het 'n toets ook omtrent elke maand gedoen, en elke maand het ek 'n teleurstelling gehad.
Hierdie maand het ek langer gewag, en nie my teleurstelling gekry nie. Maar ek het dit in elk geval verloor.
Lekke dag
B

Reply to B
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/27

Sjoe dis lank.Ek neem byna elke maand 'n toets net om seker te maak....ek's seker crazy;-) Dink ook ek moet eerder (probeer) wag want ek's weer so bang vir teleurstelling.Ek is ook bang want ons het baie werksfunksies en eindjaarfunksies nou aan en ek drink met geleentheid 'n glasie wyn.Ek's so bang as ek nie weet ek is swanger dat dit iets aan die baba kan doen.Weet jy dalk?

Reply to Skietgebedjie
Posted by: B | 2007/11/27

Ek weet dit is makliker gese as gedaan, maar probeer wag tot jy ten minste so 10 dae laat is. My tuistoets het eers begin positief wys tien dae na menstrasie

Reply to B
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/27

Dit klink vreeslik seer.Sjoe hoop nie so iets gebeur ooit met my nie.Ek's in Wes-Kaap.Ek het nooit geweet hoe die dinge werk nie - bly ek het met jou gepraat.Sterkte vir jou en hoop jy raak gou weer swanger...sal laat weet as ek iets hoor.Ek is nou by dag 31 en dink ek gaan Donderdag 'n toets doen as ek nognie my 'periods' gekry het nie.Hy asb styf duime

Reply to Skietgebedjie
Posted by: B | 2007/11/27

Ek sou die dinsdag (20 Nov) 7 weke gewees het. Ek is die maandag opgeneem, want ek is gynae toe nadat ek begin bloei het. Sy't 'n sonar gedoen, en dit het gelyk soos 'n buis swangerskap. Die swangerskap bloedtelling het net bly afgaan. Dit is hoe dit bewys is dat ek 'n miskraam gehad het. Ek is die dinsdag huis toe. Die dokter se dit is nie nodig vir 'n skraap nie, aangesien dit so vroeg gebeur het. Dit hang af van hoe ver jy swanger was. Indien als nie van self uit kom nie (dmv menstruasie), dan doen hulle 'n skraap. Ek het nie 'n skraap gehad nie. Het vanoggend weer 'n sonar gedoen, omdat ek vreeslik pyn het. Als is skoon, so dit is nie nodig vir 'n skraap nie.
Ek persoonlik dink dit is beter om te gaan vir 'n skraap, want ek het huidiglik infeksie in my baarmoeder. Dit is ongelooflik seer.

Van watter area is jy?
Sterkte, en ek hoop jy kry gou goeie nuus.
B

Reply to B
Posted by: Skietgebedjie | 2007/11/27

jammar om te hoor oor jou 'miscarriage' en baie dankie vir die terugvoering/raad.As ek mag vra(jy hoef net te andwoord as jy wil)....hoe lank was jy swanger voor jou miskraam gehad het en hoe werk dit, gaan mens steeds in hospitaal toe en dan haal hulle die 'babatjie' uit?Baie sterkte vir jou B.

Reply to Skietgebedjie
Posted by: B | 2007/11/27

Goeie dag,
Ek het presies dieselfde gehad. Het verlede jaar November die pil gelos. Hulle se dit het te doen met die liggaam wat eers weer sy eie siklus moet vorm. Het ongereelde menstruasie siklusse gehad tot en met so 4/5 maande gelede. Toe was dit gereeld op datum vir die laaste 4/5 maande. Het op 12 Nov uitgevind ek is swanger, maar het ongelukkig ge"miscarriage" op 19 Nov.
Sterkte, dit sal kom op die regte tyd.

Reply to B

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement