advertisement
Question
Posted by: qwerty | 2003/01/14

Kan dit asma wees?

Hallo Doc. Dankie vir Doc se hulp nou die dag.
Daar is nog iets wat ek graag wil weet wat my pla. Ek is top fiks en speel muurbal vir Vrystaat. Maar baie keer as ek oefen en selfs wedstryde speel trek my bors toe en ek sukkel om asem te haal. Dit gebeur baie maal as dit warm of bedompig is. Dit gebeur ook al is dit koel. Dit pla noggal, want ek moes al 'n wedstryd se punte oorgee asgevolg van dit. Ek het 'n asma pompie wat my huisdokter vir my voorgeskryf het, maar dit wil nie help nie en dit los 'n slegte smaak in my mond. En ek is al weer by die bloedskenk storie. Ek het ook gehoor mens kan nie bloedskenk as jy asma het nie. Is dit waar? En hoekom?

Doc se hulp sal baie wardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Qwerty, dit klink asof jy oefenings geïnduseerde asma het. Die beste sal wees om ‘n pulmonoloog (longspesialis) te gaan sien, die diagnose bevestig en die regte medikasie voorgeskryf te kry.
Daar is geen rede waarom ‘n gekontroleerde asmatiker nie bloed mag skenk sovêr ek weet nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement