advertisement
Question
Posted by: supergirl | 2007/06/04

kalsium-aanvulling

Beste DietDoc,

ek is 'n gesonde 35-jarige vrou. Ek gaan gemiddeld vier keer 'n week gim, en doen meestal kardio-vaskulêre oefening soos stap, fietsry en swem. Ek doen ook maag- en armoefenige met gewigte. Soms roei ek.
Ek is redelik klein gebou, maar tog gespierd.
Ek is nou byna vier jaar gelede met endometriose gediagnoseer, en is op nur-isterate om die toestand te behandel/onderdruk. So twee jaar gelede het ek vir 'n beendigtheidstoets gegaan, wat 'n effense verdunning van my linkerheupbeen getoon het -- osteophinia of so iets.
Ek drink gemiddeld twee koppies melk per dag, en eet omrent 'n koppie joghurt. Tans neem ek ook 'n kalsuim-aanvulling Sandoz, omdat ek bekommerd is dat die hormoon-onderdrukking osteoporose kan aanhelp.
Ek weet al die kalsium-aanvullings word nie ewe goed geabsorbeer nie. Wat is dus die beste produk om te gebruik? Is Sandoz goed, of sal DietDoc iets anders in my geval aanbeveel?
Dink DietDoc ek kry genoeg kalsium deur my dieet en die aanvulling wat ek nou neem? Indien nie, wat kan ek nog doen of kan ek 'n beter produk gebruik? Is daar dalk produkte wat deur 'n dokter voorgeskryf kan word wat beter absorbeer as ander produkte?
Groete,
Supergirl

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Supergirl
Ek is jammer om te hoor van jou endometriose en dat die behandeling nou moontlik osteopenie by jou veroorsaak. Die 2 koppies melk en 1 koppie jogurt wat jy daagliks inneem, behoort die nodige 1000 mg kalsium wat volwasse vrouens nodig het, te voorsien. "Calcium Sandoz" is ook een van die beste kalsiumaanvullings wat op die mark beskikbaar is, dus dink ek dat jy wel voldoende kalsium inkry. Gesels met die dr wat jou endometriose behandel oor hierdie verdunning van jou linker heupbeen, want hy/sy sal moontlik vir jou ander medikasies kan voorskryf wat beenverlies keer. Dit is ook belangrik om oefeninge met gewigte te doen om die skelet sterk te hou, vra jou instrukteur by die gim om vir jou spesifieke oefeninge te gee wat op die bene en heupe werk.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: wilmine | 2014/03/16

ek het n 12jarige dogterjie sy moet nou gaan vir n heupoperasie die dokters se haar heupbeen is verkalk nou moet dit vervang word is dit n groot operasie en wat veroorsaak dit

Reply to wilmine

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement