advertisement
Question
Posted by: P | 2004/11/03

Kabous

Kabous -Baie manne gaan dink jy is in 'n baie gelukkige posisie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, jy het jou hartseer en alleen gehad/nog steeds en sou sekerlik nog die hele tyd eerder gelukkig getroud wou gewees het met jou oorlede vrou.

Jy is tans in die gunstige posisie dat jy kan kies wat jy wil hê: Baie ander sit in ongelukkige huwelike vasgevang. Ek weet die keuse van geskikte en beskikbare dames is maar op jou ouderdom skraal, want sonder om lelik te wees teenoor hulle en myself nou baie kritiek op die hals te haal; jy sou graag in die situaise wou wees waar jy as iemand nog in jou vroee twintigs, kon kies en keur tussen die wat nog nie getroud was en nou kinders het nie. Maar die punt is dit, sê vir die dame waarna jy gister verwys het, dat as sy haar weg oopvind om eendag te skei kan julle die toue optel en KYK of dit gaan werk -geen beloftes wat lei tot pressure en moontlike verwyte nie, en geniet intussen jou lewe - ook sonder om enigsens skuldig teenoor haar te voel. Ons is nie almal sosiale diere wat elke nag in kroee en by partytjie rondhang nie, en terwyl jy goed voel oor haar is jy ook glad nie ingestel om op ander te fokus nie, maar doen jou ding, jy is finansieel onafhanklik en jy het jou stokperdjie wat jy naweke be-oefen, hoe weet jy dat jy nie oor 'n jaar 'n dame gaan ontmoet wie se man dalk intussen tragies gesterf het nie, so sy het nie dalk 'n 50% oorsaak in 'n huwelik wat nie wou uitwerk nie, sy het dalk al die jare 'n professionele werk gehad en hul het nog nie kinders nie, ag ok, vir julle dames daarbuite, dalk het sy al kinders. Maar jy weet nie wat wag om die draai op jou nie, wie jy dalk mag ontmoet en hoe jul oor mekaar kan voel en of haar situasie dalk baie idealer is as die huidige dame -self nadat sy geskei is. Geniet jouself, die meeste dames soek, laat ek dit dan maar sag stel, onder andere ook sekuriteit, en daarvan kan jy enigeen baie bied, so jy kan en moet kieskeurig wees. Maar maak jouself beskikbaar sodat jy dames kan ontmoet en dalk is daar 'n wonderklike een om die draai wat nie getroud is nie. En dalk hou sy van die buitelewe en van motorfietse! Sterkte!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Snooks | 2004/11/03

Kabousie....van my kant af.....die liefde is blind...en die huwelik het 'n bril!

Groetnis
Snooks

Reply to Snooks
Posted by: Twanette | 2004/11/03

Ware woorder.

Ek het ook na 'n mislukte huwelik van 18 jaar iemands anders ontmoet. Ek is nie meer jonk nie, hy is nie meer jonk nie, was boonop nog nooit getroud nie en ons is baie gelukkig.

Ja daar is probleme, aanpassings om te maak maar 'n verhouding moet stap vir stap geneem word en liefs met geen bagasie.

Ek stem saam wag tot sy skei, anders kan jy dalk later hoor jy was die oorsaak van haar mislukte huwelik.



Reply to Twanette

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement