advertisement
Question
Posted by: Anita | 2004/12/07

Jeukende arms,hande,nek

Ek is vroulik, 42 jaar en het 'n historektomie gehad op 33, maar het nog albei eierstokke. Ek wil weet wat veroorsaak die gejeuk aan my arms (meestal), hande en nek, veral snags jeuk ek so dat ek nie kan slaap nie. Die volgende dag is ek soms blou gekrap en self stukkend, dan vorm daar klein blasies waar ek gekrap het, soms vorm daar knoppe wat lyk soos muskietbyte? Is dit deel van menopouse, of is dit 'n vorm van spanning?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anita, ek twyfel of dit iets met die histerektomie te doen het. Dit klink meer soos ‘n tipe allergie of kontak dermatitis. Jy kan iets soos Phenergan in die aand neem en kyk wat gebeur. As dit werk is dit meer ‘n aanduiding van ‘n allergie as kontak dermatitis. Dit mag natuurlik ook as gevolg van iets anders wees en daarom sal die beste tog maar wees om jou dokter te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement