advertisement
Question
Posted by: Sharon | 2007/06/19

Jaloerse tienerliefde

My seun van 19, en sy meisie van 17 - wat twee jaar saam is - het hierdie ontsettende jaloerse verhouding. Al twee is ewe jaloers op mekaar. (Hul is beide baie aantreklik en talentvol, en mens wonder hoekom is hul so onseker.)

Hul meng glad nie met ander tieners nie; gaan nooit uit nie -want die een is te bang die ander sien iemand anders raak. My seun mag nie eers na 'n meisie se kant toe kyk nie, dan raak sy histeries.

Hul kry ernstige argumente hieroor. Ek bekommer my geweldig oor hierdie uitbarstings, want deure was al stukkend geslaan, ek het al blou kolle gesien, en as 'n ma en ouer weet ek nie wat om te doen nie. Ek het al mooi gepraat, maar hul klou aanmekaar vas en sien glad nie die wyer prentjie nie.

Het enige iemand vir my raad? Ek het al hoeveel keer aangebied dat ek sal betaal vir hulle om vir berading te gaan, maar hul wil nie. Ek vrees 'n ernstige fisiese aanval. Hul beide is in staat daartoe. Dit is so ernstig hierdie jaloesie situasie is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Sounds like, if they intend to continue with this relationship, they could benefit from seeing a relationship counsellor, eg through FAMSA. Even if eventually they don't remain together, it could be valuable for them to sort out the problems of jealousy so as to be better able to avoid them in any future relationship. If they flatly refuse to accept counselling, then they need to know they are choosing to continue to be miserable. <br>It also sounds as though the extreme exclusiveness of their relationship is not good for it or them.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: cv | 2007/06/19

'n Baie gevaarlike situasie, my dogter het dieselfede deurgemaak, sy was nie die jaloerse nie maar die seun waarmee sy uitgegaan het.Gelukkig na omtrent 'n jaar van struweling en waar hy haar hande soms vasgegryp het en haar wou aanrand( gelukkig het dit nie gebeur nie anders was ek seker nou in die tronk) is die verhouding gestop.Sy het agv van al die stress en baklei,haar hare verloor, dit het net in bondels uitgeval en moet vandag op 21 'n pruik dra,weereens gelukkig het sy 'n wonderlike man ontmoet en is die hare besig om terug te groei,sy is kalm en weet nie meer wat stress is nie.
Die raad wat ek kan gee is om hulle te vat en ek weet hulle is hardkoppig en eiewys op die stadium, hulle te laat sit en elkeeen moet 'n lys maak van wat hom of haar pla van die ander, hoekom baklei hulle , jaloesie is seker een van die grootste siektes wat daar is, om te dink om met die verhouding voort te gaan en miskien ook daaraan dink om te trou sal seker een van die grootste foute wees,dit sal net nie uitwerk nie,want die een sal die ander nie kan vertrou nie.Koppig is hulle , maar profesionele hulp is dalk die enigste oplossing. Om op so 'n jong ouderdom na 'n profesionele persoon te gaan en dit oor jaloesie is vir elke ouer iets ongewoons.Sterkte ek weet wat jou huishouding deurmaak,ek en my vrou was daar deur.

Reply to cv
Posted by: Sharon | 2007/06/19

Ja, dis hul altwee se eerste "lang termyn" verhouding.

Ek glo baie tieners gaan daar deur, maar ek bekommer my dat dit oorgaan na die fisiese. Hy sal haar hardhandig gryp of ruk, en sy vir hom ook.

Ek het al soveel keer mooi met my seun gepraat, maar as hul oor die dinge baklei verloor altwee beheer.

Ek is alewig in spanning. Weet nooit wanneer die volgende "bom" gaan ontplof nie.

Reply to Sharon
Posted by: Echelle | 2007/06/19

Is dit hul eerste verhouding? Ag gee net tyd, hoe meer dit aangaan hoe gouer gaan dit oor en verby wees, dan 'n bietjie trane en bietjie depressief voel en dan later besef dat dit nie is hoe liefde of die lewe werk nie... Ek dink baie tieners gaan daardeur.

Reply to Echelle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement