advertisement
Question
Posted by: Help | 2007/04/19

Jack Russel maak familie mal

Ek het 'n 5 maande oue worshond teef wat laas week reg gemaak is. Die Jack Russel reuntjie (10 jaar) los haar nie vir 'n sekonde uit nie. Ons het gedink dit gaan beter wees as sy reggemaak is maar dis net erger, hy blaf en tjank die heeltyd as ons hulle appart hou, en maak die tefie mal as ons hulle bymekaar los, dat sy onder beddens probeer wegkruip, klim op haar etc. Sal dit help as ons hom laat reg maak, en is dit gevaarlik as hy so oud is. Op die stadium kla die bure oor al die geraas en nie niemand in die huis kry slaap nie. Hy's is 'n gehoorsame hond maar nou luister hy glad nie. Hy's op Phenobarb vir epeleptiese aanvalle en ons gee hom nou Rescue(homopatiese middel) om hom te probeer kalmeer, is dit gevaarlik vir hom. Dit help nie juis nie. Enige raad sal baie help, ek wil nou al nie meer huis toe gaan nie oor al die kabaal. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dit is nodig om die mannetjie te laat regmaak maar onthou dit neem ontrent 6 weke om die hormone te laat uitwerk. Dit is nie noodwendig gevaarlik om hom narkose te gee nie en u veearts sal hom goed ondersoek voor die operasie. Die resue remedy is nie gevaarlik nie. Daar is 'n kalmeer middel beskikbaar van u veearts Clomicalm - vra vir u veearts of dit saam me phenobarb gegee kan word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: J | 2007/04/22

If we have a problem with a dog worrying another dog we use Johnson's baby cologne and rub it on the dog they are worring's hair and they seem to hate the smell and leave the dog alone.

Reply to J
Posted by: WR | 2007/04/19

Hi daar!

Jip, die regmaak behoort hom te kalmeer - maar ek weet nie of dit so baie gaan wees, dat hy die tefie sal 'uitlos' nie. Dalk kan 'n DAP vapourizer die ding doen, en self ook bietjie behaviour training. Vra jou Veearts oor die DAP vapourizer en 'n verwysing na 'n Behaviour spesialis.

Sterkte!

Reply to WR

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement