advertisement
Question
Posted by: Atkins Fan | 2007/06/14

Is dit regtig so nadelig?

Ek lees baie oor die nadele van Atkins dieet, maar glo my, ek was nou vir 6 weke op Weighless en het stadig maar seker gewig verloor met reg eet en genoeg oefening. Maar waarom voel ek dadelik soveel beter en "ligter" en dunner op my lyf as ek Atkins dieet doen? En dis vir my soveel makliker om daarby te hou ... ek eet uit soveel ek wil en ek hoef nie porsies af te weeg nie. Dis sosiaal net soveel makliker. Ek verloor vinniger sentimeters. Kan ander Atkins gebruikers 'n bietjie met my gesels oor hul ondervindinge asb en dalk 'n bietjie advies ook gee.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Atkins Fan
Ek is bly om te hoor dat jy mooi vorder op die Weighless dieet aangesien dit goed gebalanseer is en al die voedselgroepe bevat. Ek vertrou die ander Lesers sal vir jou terugvoer gee. Om te sien hoekom dieetkundiges nie van die Atkins dieet hou nie, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog met 'Atkins Diet'. Op die langtermyn kan so 'n ongebalanseerde hoe-vet, hoë-proteïendieet skade doen. Verder tel die meerderheid mense wat die Atkins dieet volg, weer al die gewig op wat hulle verloor het, sodra hulle 'normaal' begin eet. Die Weighless dieet leer vir mense hoe om hulle leefwyse gesond te verander en permanent gewig te verloor. Dit is nie net 'n kits oplossing nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: MM | 2007/06/14

As Atkins jou enige iets leer - hoekom bly die kilo's nie af nie...
Die beste manier om gewig te verloor is die maklike som:
Energie in = Engergie uit. Maw tel jou kilojules en oefen. So maklik soos dit

Reply to MM
Posted by: Lizzy | 2007/06/14

My sussie het al verskeie kere die Atkins-dieet gevolg. Sy verloor aanvanklik maklik en vinnig gewig. Die nadeel is dat jy weer al die gewig en meer optel wanneer jy ophou met die dieet.

Dit kan nierprobleme veroorsaak en ek dink nie dit kan goed wees vir jou bloeddruk nie.

Atkins-dieet bestempel ek as ongesond aangesien dit jou nie leer om gebalaseer te eet nie. Weigh Less neem stadig, maar dit is die regte manier. Onthou net een ding en dit is dat jy nie oorgewig geraak het in 2 - 3 weke nie. Jy kan nie verwag om binne `n kort tyd op jou doelgewig te wees nie. Weigh Less is `n lewenswyse.

Water drink bly ook `n goue reël.

Sterkte!

Reply to Lizzy
Posted by: Adele | 2007/06/14

Ek het 20kg met Atkins verloor voor my troue. Ek het ook goed gevoel, dit is darem tog te lekker om eiers, bacon, kaas en mushrooms te geniet vir ontbyt ipv 40g All bran flakes en fat free melk of hoe ? na my troue het ek nog probeer om so te eet, maar die proteine raak vir my toe later te veel. Ek het vandag by Weigh-less weer gaan aansluit en moet ek 25.6kg verloor. So ek het albei al gedoen voorheen en het ek maar net weer besluit en besef dat dit maar beter is om gebalansseerd te eet. (my ander vriendin het nierstene ontwikkel vd proteindieet en sê die dokter dit het daarmee te doen gehad)

Reply to Adele

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement