advertisement
Question
Posted by: moedeloos | 2007/12/06

is dit moontlik

is dit mmoontlik dat 'n mens n ander onvoorwaardelik lief kan he maar weet jy is 2de prys vir hom want sy groot "prys " is nie meer beskikbaar nie.

Wat moet ek doen ek sal enige iets doen vir my man, maar ek het eers onlangs uitgevind dat hy eerder sy minares sal kies sa my. dis die rede hoekom ons so skierlik verloof geraak net dit was net nadat sy getroud is met 'n ander man.

Hulle het nog -|- ak en ek het op 'n sms afgekom wat sy vir hom gestuur het maar hy ontken dat dit dieselfte persoon is met wie hy die verhouding gehad het maar ek het op hulle briewe afgekom en en wat is die kans dat 2 verskillende vroue met dieselfde naam met 'n ou uitgegaan het met dieselfte naam en wat 'n kind het met dieselfde naam en ouderdom.

Wat moet ek doen???? is ek verkeerd en moet ek ddit maar net vergeet ek is raadop en moedeloos

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Its surely POSSIBLE< though whether this is what is actually happening in your life right now, is not at all clear. Have you talked about this concern, between you ? But if he's having an affair with another woman, especially a married woman, he clearly doesn't respect marriage at all.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Maria | 2007/12/07

Ek wens ek kon vir jou 'n resep gee wat sê as jy hierdie 5 stappe volg sal jou huwelik regkom, maar daar is nie so 'n resep nie. Ongelukkig kan die mense wat ons die liefste het, ons ook die seerste maak.

Jou man se ontsteltenis oor die ou waarmee jy ge"chat" het kan mens interpreteer as skuld oor sy eie dubbele lewe. Daar is 'n paar goed waaraan jy moet dink:
1) As jy vermoed hy het 'n fisiese verhouding met hierdie vrou, moenie seks met hom hê sonder ekstra beskerming nie. Gebruik kondome al moet jy ook 'n ander verskoning uitdink.
2) Sorg dat jy nie swanger raak totdat jou huwelik stabiel is nie.

Verder moet jy 'n paar besluite neem, en niemand kan dit vir jou doen nie. Gaan jy hom konfronteer en dreig om hom te verlaat tensy hy saam met jou vir berading gaan? Gaan jy miskien jou eie manier van dinge doen verander en probeer om jou man van voor af op jou verlief te maak sodat hy van die ander vrou vergeet? Gaan jy eis dat hy alle -|- ak met haar verbreek? Gaan jy op hom spioeneer om te bepaal of hy dit wel gedoen het?

Ek is reguit met jou omdat dit nie sal help om doekies om te draai nie. Jy moet jouself beskerm, fisies en emosioneel. Gaan sien 'n berader op jy eie as jy ondersteuning of raad nodig het. As geld 'n probleem is verstaan ek FAMSA laat jou betaal volgens wat jy kan.

Sterkte

Reply to Maria
Posted by: moedeloos | 2007/12/07

Ons sal nou in april 2 jaar getroud wees Ek het eers uitgevind dat hy vir my jok in die begin van die jaar toe ek alleen by die huis was en die kaste reg gepak het.

Ek het op 'n leer afgekom met al die briewe.

Hy het vir my vertel dat hy 'n verhouding met 'n ander vrou gehade het to hy en sy ex nog bymekaar was hulle het mekaar by die dagmoeder waar sy kin was onmoed( dis 'n buite egtelike kind en ek het nie 'n probleem daar mee nie ) hy en sy ex het probleme gehad en die vrou was net 'n vriendin was sy probleem berstaan het wan haar kind was ook 'n buite egtelike kind en sy en haar ou het probleme gehad. so toe het hulle vertroosting by mekaar gekry maar sy het diet beeindig want sy wou nie he haar kind moet sonder sy regte pa groot word nie hy was natuurlik teen die grond en sy hart was in stukke.

hy het vir my vertel dat sy PE toe getrek het maar na dat ek die briewe gelees het het ek een en een bymekaar gesit en gesien dit die selfde vrou met wie hy nog -|- ak het "sy boekhouer" wat al on tax en goed doen.

Ek het haar nog nie ontmoed nie ek dink persoonlik die omdat hy nie wil he ek moet uitvind dit is dieselfde vrou nie.

Ek het eendag met my skoonsuster daaroor gepraat want ek het 'n nuwe foto van haar (die vrou) op sy foon gekry. daar is nie 'n foto van my op sy foon nie.

My skoonsus het hom ook daaroor gekonfronteer en hy het ook aan haar gese dit is n ander vrou en nie dieselfde een met wie hy die verhouding gehad het nie. Sy het nie vir hom gese dat ek haar enige iets vertel het nie. hy het sommer agresief geraak teenoorhaar en gese sy wil net moeilikheid tussen ons maak en sy praat kak in my kop in. Maar dit is nie waar nie want als wat sy vir hom gese het het ek vir haar gese. en elkekeer as ek met hom daaroor wil praat dan praat hy dit weg.

As hy net wil erken dat dit dieselfde vrou is dan is dit ok met my ek kan daarmee saam leef maar die feit dat hy dit onken maak dit moeilik vir my.

Ek het so week terug weer 'n boodskap op sy foon ondek van haar af waarin sy se sy is bly hulle kan na alles nog steeds sulke goeie vriende wees en dat hulle nogsteeds daar is vir mekaar.

En wat my nog seer maak ek het een keer gesit en chat op die internet en ek en die een man het gechat en daardie aand het ek hom daarvan vertel en hy was verskriklik ontsteld daaroor en vir my gese 'n affair besin so vinnig dat jy dit nie eers besef nie en hy het my belt om weer met die man te chat.

So hy mag vriendinne he maar ek mag nie vriende he nie.

Hy vertel my altyd van al die girls by die werk en ek is ok daarmee. Ek het hom altyd vertel van die een vrou by my werk wat ons gechat het en elke keer as ek haar naam se het hy my gevra wie is dit maar ek het nou by 'n nuwe werk begin en ek is die enigste vrou hier en ek vertel hom nogsteeds van als wat gebeur en gese word hier en die een aand toe van hy my aan en se ja hy is jammer hy is nie my baas nie want hy kan blykbaar niks verkeerd doen in my oe nie want dis net my baas voor en my baas agter. Ek het nog altyd vir hom alls vertel maar ek vind myself dat ek nou 2 keer dink voor ek vir hom iets vertel en ek hou nie daarvan nie want ek wil he hy moet als weet ek steek niks weg nie.

Wat moet ek maak ???

Reply to moedeloos
Posted by: Maria | 2007/12/07

Ongelukkig is dit moontlik. Daar is nie 'n maklike antwoord nie. Hoe lank is julle al getroud? Die ideaal sal wees as julle vir huweliksberading kan gaan, maar dit sal net die moeite werd wees as hy wil saamwerk. Kan jy vir hom verduidelik dat jy onseker voel in julle verhouding, en graag wil werk daaraan om die huwelik sterker te maak?

Sterkte

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement