advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2007/12/08

Is dit iets om oor bekommerd te wees?

Hallo dokter

Ek het so rukkie terug agter gekom dat daar iets soos 'n puisie aan die onderste buitekant van my penis is waar al die natuurlike witterige knoppies op die vel onderaan is. Dit was vir omtrent 'n maand lank soos 'n puisie, gevoelloos, en het toe stadiger kleiner en harder begin word en ek sien toe gister dit is baie klein en het begin bloei en was bietjie gevoelig.

Ek het voorheen ook al so iets gehad, maar dit het vinniger verdwyn as hierdie een.

Dokter, as 'n 19-jarige seun is ek bekommerd hieroor. Is die kanse moontlik groot dat dit net 'n verstopde sweetgaatjie is of dalk 'n ingroei haartjie?

Dit is by die ander growwe knoppies onder aan die penis, en lyk amper asof dit een van die knoppies kan wees.

Help asseblief dokter. Moet ek bekommerd wees hieroor?

Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit is moontlik dat dit 'n verstopte sweetklier of talgklier is. Ek sal dus nie bekommerd wees hieroor nie, maar om jou gerus te stel, stel ek voor dat jy 'n dokter konsulteer om die area te ondersoek. Dit behoort behandel te word deur 'n klein snytjie en dreinering van die area.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement