advertisement
Question
Posted by: IanSeVrou | 2005/01/10

Is dit a vorm van mishandeling?

Ek is nie heeltemal seker of ek iets het om oor te kla nie, maar feit van die saak is ek voel vernedere en seergemaak en dit is nie hoe 'n vrou veronderstel is om te voel nie...

My man het in die gewoonte verval om alles wat ek doen en sê te kritiseer. Die dinge wat hy sê is geweldig afbrekend en maak my baie seer, maar as ek met hom probeer praat daaroor is sy reaksie "Jy praat net *&#!!, bly liewer stil!"

Ek is so moeg daarvoor om te hoor hoe sleg ek is en hoe sleg my opvoeding was. Hy sê gereeld ek walg hom (en tog soek hy 3-5 keer per week toenadering). Ek is swanger met my tweede kind en besef ek lyk nie juis soos Mej Wêreld nie, maar hy maak 'n punt daarvan om vir my te vertel ek is dik en lomp.

My vriendin reken dit wat hy aan my doen grens aan emosionele mishandeling en ek moet eerlik erken ek VOEL emosioneel mishandel, maar hoe kry ek hom sover om op te hou daarmee??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Yes, that's not how a woman ( or even a man !) is supposed to feel. YOur husband sounds like he was brought up in the old-fashioned way that held the false belief that men should be in charge in the mariage, and that the woman's opinions were to be ignored. So what if you don't look like Miss World ? I'll bet he doesn't look like Mr Universe, either. If you feel emotionally abused, then what's happening is probably emotionally abusive. Would he consider marriage counselling, which could sort this out, if he thought it was mainly meant to sort out the problems he thinks he has with you ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: EKKE | 2005/01/14

Maak hom poep dronk, vat 'n laken, draai hom toe in die laken, werk hom vas met naald en garing en bliksem die 7 soorte hel uit hom uit....

Reply to EKKE
Posted by: Beyon Tired | 2005/01/10

Ek stem saam met Liza, dit is 'n vorm van mishandeling, spesiaal as jy so sleg daaroor voel, jy is nie sleg nie en moet nie bang wees om dit vir hom te se nie. Ek weet dit is moeilik maar jy het nie nodig om dit te vat nie.

Miskien is Liza reg oor die bietjie weg kom, maar jy is ook swanger so dit maak dinge meer ingewikkeld. Jy gaan jou voet moet neersit en heeltemal reguit met hom moet wees en stel 'n altimatum, of hy verander en hanteer jou met respek of julle bly apart totdat hy hom regruk, hy gaan daarteen baklei. Julle kan selfs net in aparte kamers slaap en as jy jou weer begin afkraak, loop weg, se net "whatever" -- hy is die een met die lae selfbeeld, so probeer om hom goed te laaat voel, as jy hou afbreuk, bou hom op, hy sal nie weet wat om te doen nie.

Sterkte....

Reply to Beyon Tired
Posted by: Liza | 2005/01/10

Om jou vraag eenvoudig te beantwoord - JA. Jou man het 'n groot 'wake-up call' nodig. Eers moet jy hom nader en hoor of hy bereid sal wees om vir gesinsterapie te gaan. As hy nie wil nie - is dit tyd om skok-taktiek te gebruik. Kyk of jy kan uittrek (net vir 'n rukkie) by jou ma of jou vriendin gaan bly vir 'n week of twee. Dan stel jy 'n ultimatum - of gesinsterapie, op 'n skeisaak. Aangesien hy jou nogsteeds 3-5 keer per week benader, is ek seker hy gaan baie vinnig sien hoe hy jou rerig nodig het.

Baie sterkte
Liza

Reply to Liza

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement