advertisement
Question
Posted by: 123 blok myself | 2020/07/21

Interne fisuur

Goeie dag dr. Ek wil graag raad vra oor die volgende. Ek sukkel al meer as 4 jaar, en ek gaan vir jou al die raad, pille en salwe noem wat vorige drs al aanbeveel het. Dit situasie wil net nie stop nie. Soms, en veral in die winter, na ek die toilet besoek het, kry ek n interne skeurtjie. Ander kere buite my boud, altyd in die area wat op beweeg na my rug. My stoolgang is normaal, dis nie hard of sag nie. Ek gaan stort dadelik, omdat ek voel die toiletpapier vee vererger dit. Dit is regtig pynlik, ek kan soms nie eers lekker loop nie. Daar is ook altyd bloed, die kere wat ek wel toiletpapier gebruik. Ander drs se raad en voorgeskrewe: -scheriproct salf - vesel aanvullings, ek eet n gebalenseerde maaltyd, is aktief, fiks en overall gesond. Ek sukkel regtig nou al meer as 4 jaar met dit. Soms is dit vir maande aanhoudend, net wanner alles gesond raak, gebeur dit maar net weer en weer. Is daar nie n manier wat mens kan toets vir een of ander swam/infeksie nie. Nie altyd nie, maar soms vervel daardie hele vel area. Dis verskriklik pynlik. Ek voel die salf en fibre help, maar dit los nie my probleem heeltemal op nie. Dis def ook nie n aambie nie, dis net orals intern en buite skeertjies wat brand. Vir verligting wend ek n water basis lubricant aan. Ek sal ook n sti toets doen om te kyk of dit nie dalk n moontlike oorsaak is nie. Of moet ek n afspraak maak by n dermatoloog? Dankie vir raad. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2020/07/27

Hi daar

Dit is baie moontlik dat dit n swaminfeksie is. Swamme hou maar van daardie warm, klam areas, en hulle is berug daarvoor dat n mens moeilik ontslae raak daarvan. n Dermatoloog is eintlik n goeie plan, want hulle kan n biopsie neem van die vel, om seker te maak wat die oorsaak is (swam of iets anders). Groete en baie sterkte.  

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement