advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2004/01/22

Insulin Res

Ek sukkel al twee jaar (gaan nou vir my derde jaar) om swanger te raak. Ek was eers by die een gynae en hy het 'n labaroskopie gedoen en niks fout gevind nie.Hy het wel gese dat ek nie ovalieer nie en het my toe op clomid gesit. Na 'n jaar se proebeer het hy vir my gese dat dit lyk asof ek behandeling nodig het en het my verwys na 'n ander dokter.Na 'n paar toetse het die ander dokter uitgevingd dat insulin resistant is.Ek weeg 52kg maar is nou op 'n dieet, gebruik glucophage, folic asid, en centrum.Ek wil net baie graag weet of daar ooit 'n kans kan wees om swanger te raak want dit voel nie vir my so nie.of dit voel asof dit eers oor 10 jaar kan gebeur.Wat kan ek doen?
Om alles te kroon is daar 11 mense tussen my en my man se familie en vriende wat ons ken wat swanger is. Ek is baie bly vir hulle maar wonder net wanneer kan ek my man een van die gelukkigste mans op aarde maak. Ons soek so graag 'n kind. Jammer dat ek so negatief klink maar ek dink almal wat al so lank probeer het al op daardie stadium gekom waar hulle nie weet wat om te doen nie. Sterkte met almal wat probeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

See answer below.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Raadop | 2004/01/25

Baie dankie kippie & Puddel, ek waardeer dit op reg dat julle vir my soveel moed in praat. Hulle se mos aanhouers wen. Ek sal so bly wees as dit gebeur nog voor die jaar verby is. Laat weet my hoe dit met die swangerskap gaan. Ek is ook baie bly vir jou dat jy na solank se probeer swanger geraak het.Weereens, baie dankie en ek sal julle beslis laat weet as iets gebeur!

Reply to Raadop
Posted by: Puddel | 2004/01/23

Raadop,

Ek is ook Insulien res. en het ook nie geovuleer nie, het vir 4 jaar probeer swanger raak sonder enige sukses.
Wees net geduldig, ek is ook op glucophage gesit het 19 kg's verloor en is daarna op clomids gesit en na my tweede maand op clomids het ek uitgevind ek is swanger.

Ek is nou 33 weke swanger en gelukkiger as ooit, dit sal vir jou ook gebeur, ontspan net en kippie is reg glucophage help partykeer ook vir ovulasie.

Sterkte, sal vir jou duim vas hou en laat weet ons as jy swanger is.
Ek het 'n goeie gevoel dit gaan wees voor die jaar verby is!!!!!!!!

Reply to Puddel
Posted by: Kippie | 2004/01/23

Hi Raadop!
Jong, dit is maar 'n gesukkel en soos jy se, partykeer moeilik om te verwerk.
Net 'n bietjie uit my ondervinding - ek is ook insulin resistant en het boonop nog 'n skildklier probleem ook. My gynae het my toe ook op glucophage, diotroxin (skildklier) en het ek ook folic acid gebruik toe ek swanger wil raak.
Die gynae het op 'n stadium gese dat glucophage ook in sekere gevalle gebruik word om mense te help ovuleer wanneer hulle nie doen nie - so die kanse dat jy viniger swanger kan raak as jy dit seker met clomid kombineer is goed.
Hou moed- ek weet dit is nie altyd maklik nie, maar jou tyd sal kom.
Groete en sterkte!!

Reply to Kippie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement